Dis nou 'n maand sedert die begin van die lee-nes hier in die woestyn en die terugvoering van die Eikestad is baie goed. Dit klink asof Nelmari 'n fees het en die studentelewe en hopelik die studies ook baie geniet. Daar was groot speaches gegee voor die tyd hoe sy asb maar moet deelneem aan die "ontgroening" anders kan hulle sake maar moeilik maak vir hulle - maar moes hoor tydens die ouervergadering die ontgroening word vervang met orientering. Ja, ja daai een het ek ook al gehoor .... maar ek was beindruk.
Synde die koshuis met die meeste eerstejaars (500) dink ek hulle het die hele orientering uitstekend hanteer. Die studente is nie net met fun goed tuisgemaak nie, maar hulle het die dorp leer ken, hulle klasse, bib, ens. besoek en is goed ingeburger.
Een van die fun aktiwiteite was die opstel van 'n wereldrekord-mense-dominoes wat vir groot pret gesorg het.
Die lekker koshuisgronde het hom lekker geleen vir die voorbereiding van die trollieresies en die gees was goed onder die klomp eerstejaars.
Die koshuis het ook vanjaar sy eie saal in gebruik geneem en dit is elke aand gebruik om te oefen vir vensters en/of kuier
Vanwee die GROOT getal eerstejaars by hulle koshuis het die saamkuier met die ander koshuise nie altyd so goed uitgewerk nie. Daar was volgens Nelmari 7 meisies vir elke ou van die ander seunskoshuis en hulle moes toe plaas van met een ou kuier, 'n speed-date sessie he :-).
Net voor ek teruggekom het, wou ek met haar kuier en sy vertel toe dat hulle nie kan nie, hulle gaan see toe - ook maar hartseer oor die feit dat sy die see bo my verkies :-), hoor ek die volgende dag nee hulle is teveel om see toe te gaan - hulle gaan swembad toe. Vir my maak dit minder sin want 'n swembad is mos kleiner as die see, maar moes later die oggend lag toe sy vertel hoe hulle moes aanmeld en toe eintlik net op die grasperk voor die ingenieursgebou gaan "swem" het. Hier kan julle die verskillende "swemslae" sien. Hulle is darem so af en toe natgespuit en ek hoor wanneer die HK 'n haai sien was daar erg gegil.
Daar is ook lekker bondelsport gedoen en natuurlik die vensters opvoering. Ek dink aan die einde van die "orientering" was almal tuis in die dorp, universiteit en koshuis. Hulle kon voor die tyd kies of hulle wil inskakel by die orientering - dit was vrywillig - maar ek dink vir enige een wat dit nie gedoen het nie, is daar groot uitgemis.
Ons is bly dit gaan sover goed Nelmari. Ons en die dorp mis jou, maar ons weet jy's presies daar waar jy moet wees :-), geniet dit sussie!