Friday, December 2

Die woestynland word 40 jaar oud



Elke jaar rondom 2 Desember, blog ek oor die woestynland en sy feesvieringe rondom hulle Nasionale dag. Ek wys die versierde motors, die geboue en liggies! Vanjaar het ek nog nie daarby uitgekom om regtig klomp foto's te neem nie - dis op die bucket lys vir die week.

Hierdie jaar is dit egter 'n spesiale viering want die land is 40 jaar jonk. Dis partykeer moeilik om te glo as mens sien wat hulle alles in die 40 jaar vermag het. En om te dink al die plaaslike mense ouer as 40 en selfs 50 het nog in die regte egte woestyn gebly en kamele gery en dit net nou die dag!



Ek dink hierdie land het met reg rede om groot fees te vier.

Een van my gunsteling plekke om hier af te neem is die groot moskee soos julle wat gereeld hier lees weet, en dit was een van die plekke wat deel van die vieringe is. 'n Laservertoning wat die oorlede Sheikh se visie dmv ligte wys. Hier is 'n paar foto'tjies daarvan.



Page2



Daar is twaalf tonele op die mure van die moskee gegooi wat die storie uitbeeld. Die eerste toneel was sy persoonlike gevoel oor die moskee en dit het gepaardgegaan met die swaai van ligte en klere orals oor die mure.



Page3



Dan was daar 'n toneel wat die verskillende patrone wat in die moskee gebruik is.



Page4



Die grootste kandelaar se patrone is ook gebruik en met 'n ander een die blomme wat groei simboliseer.



Page5



Ander tonele uit die hoofgebed saal is ook gewys en dan die koepels se kleure.



Page6



Palmbome was gewys wat groei verteenwoordig is oa ook gewys.



Page7



Kleure, lig, teeltonele en sterre is gebruik vir van die ander tonele.



2471966236



Hierdie foto was in die koerant en wys die ten volle verligte moskee uit die lug .... werklik iets besonders. Sal na die naweek vir julle van die ander foto's en die-land-gaan-oorboort-stories wys en vertel.



Geniet julle naweek!




4 comments:

retha said...

Moet beslis asemrowend wees in lewende lywe.

Sandra said...

Dit is 'n baie besonderse plek Retha

Desire Fourie said...

Dis altyd baie insiggewend om hier by jou in te loer. Hoop dit gaan goed daar tussen die duinesand.
Mooi bly
Desire

Sandra said...

Lekker om van jou te hoor Desire :-), sien dit gaan besig met al die werkswinkels. Alles lyk verskriklik mooi!