Tuesday, July 12

Lekker vuil hande

Om ses maande besig-te-bly gaan nie een van die maklikste dinge wees vir 'n net-klaar-met-skool-matriekulant nie. Gelukkig is daar 'n kort vakansietjie in SA voordat ons die besig bly moet aanpak tot einde Januarie volgende jaar wanneer die universiteite begin. En van dan af sal vakansies ook nie meer normaal wees nie, want dis sal rondom univ vakansies en visumstempeltjies binne ses maande moet plaasvind.


Maar een ding op 'n slag - so die tydjie voor vakansie moet iets gedoen word, en die meisies besluit hulle wil gaan pottery klasse doen.


DSC_0008


Die eerste les word daar baie tyd gespandeer aan hoe om die klei voor te berei.


DSC_0009


Dit lyk egter of hulle dit geniet. Lyk asof die "dominee" ernstig dink oor die proses, miskien gaan sy dit iewers in haar volgende preek inwerk :-).


DSC_0011 DSC_0012


Uitrol is net so belangrik ... kan ook help as mens weer verjaarsdagkoek wil bak, ne Nelmari?


DSC_0016DSC_0019


Nog 'n nuwe manier word geleer "coil".


Page1


Die hande en vingers word lekker vuil terwyl daar gespeel word.


Page2


Van die goedjies wat hulle reeds gemaak het wat natuurlik nog gebak moet word.


DSC_0069


Gister het hulle begin om te verf en dit lyk asof die kleurkeuse nie so 'n maklike besluit is nie.


DSC_0073


Na die vakansie sal daar nog 'n paar lesse wees en dan kan ons ook sommer sien hoe die eerste paar potte/bakkies/borde lyk. Altwee was dit eens, dat dit baie lekker is om so morsig kreatief te wees :-).


Geniet julle week!


12 comments:

Thea said...

Een van die dae kan jy (en Charmaine) dus spog met pragtige ornamente in die huis wat deur jul dogters gemaak is!!

Hoe voel dit vir jou om klaar te wees met skool Sandra?

Sandra said...

Ai Thea ek het nog klein skilpaaitjies wat daar gemaak is jare en jare terug :-).

Ek dink dit sal my heelwaarskynlik eers slaan as sy volgende jaar uit die huis uit is, nou voel dit nog net soos 'n vakansie.

Cecile said...

Sjoe vandag besef ek eers hoelank ek jou blog volg. Kan nie glo jou jongste kind is ook klaar met skool nie. Die potte bak lyk of dit 'n fees kon gewees het...

Sandra said...

So word mens oud Cecile :-). Hulle het dit vreeslik geniet en ek is baie seker dis nie die laaste sien van die pottery nie.

Gaan dit nou beter na die operasie?

retha said...

Ek is nuuskierig om te sien wat op die 4de foto gemaak is.

Sandra said...

Retha as ons terug is van SA sal die goedjies seker gebak wees en dan wys ek vir jou :-).

Charmaine said...

Ek is net so nuuskierig om te sien wat gemaak is en waar dit in die huis sal staan want 'n ereplek sal dit verseker moet kry. Dankie vir die aanry maat. Miskien pak ons dit saam met hulle aan as ons almal weer terug is of gaan ons stap en fiks word ???

Sandra said...

Ons kan mos altwee doen :-). Laasgenoemde baie beslis

Anonymous said...

Lekker kreatief!!

Anonymous said...

Lekker kreatief!!

Sonja said...

Ek het pottery klasse op skool gehad en dit baie geniet! Dit is lekker om vir jouself goed te maak.

Sandra said...

Hulle het dit vreeslik geniet Toortsie.

Sonja ek kan dink jy het pragtige goed gemaak so met al jou kuns talent :-)