Thursday, July 7

Alles verander nie altyd nie

Een van die plekke wat ons destyds met ons koms in 1998 beindruk het, was die Baynunah toring. As mens so van die breekwater se kant (waar die Marine Mall vandag is) staan en op die dorp uitkyk, het hierdie toring HOOG bo al die ander geboue uitgestaan.


Abu Dhabi 1998


As julle kyk na die foto wat ons in 98 geneem het, kan mens sien dat dit toe die hoogste gebou in Abu Dhabi was! Ons het toe nog gereeld in sy binneshuise swembad gaan swem, omdat dit buite net te warm was in die somer, baie mense het na kerk op Vrydae by sy restaurant “Friday brunch” gaan eet en besoekers is soontoe geneem om op die 29ste vloer koffie te drink en dan sommer kansie te kry om foto’s van die Cornish te neem. Die hotel het op op die Cornish gesit en die swembad na die voor en sy- kante ‘n pragtige uitsig oor die see. Vandag het ons gedink dis tyd om weer te gaan kyk hoe dit daar lyk….


DSC_0059


Die swembad en stoele was nog presies dieselfde soos ons baie jare terug onthou. Die water was nog net so lekker koud (dia een van die min verkoelde swembaddens in die dorp) ........ maar die uitsig was nie meer heeltemal daar nie, ‘n paar hoe gebou het nou voor die toring opgespring en die see is ook heelwat verder as vroeer.


Page1


Hierdie swembad word nog steeds so goed instand gehou, maar die koffiewinkel het nou plek gemaak vir 'n gym. Ai as ek tussen die twee moet kies, is daar mos nie 'n keuse nie.


Page2


Amper niks mense soos gewoonlik en ek kry kans om Nelmari te pes met die kamera. Ek dink hier kan julle die vyf verskillende boodskappe sien wat sy vir my gegee het omdat ek foto's geneem het.


DSC_0062

Die dorp is lekker warm vandag, maar die sand in die lug maak die uitsig nie so goed nie.

DSC_0454


Dit was lekker om daar te kuier waar alles nog na al die jare dieselfde is, of dalkies nie. Hierdie foto het ek so 'n paar maande terug tydens die tieners se uitstappie geneem, en julle kan duidelik sien die hoogste gebou van destyds is maar nou een van die vulletjies.


Lekker amper naweek vir julle!


7 comments:

retha said...

Is met jou daar oor die keuse. Hoewel ek dalk te papboekkig sal wees so hoog te gaan sit en ontspan.

Boodskappe of nie, goeie tye wat jul saam deur bring!

Sandra said...

Welkom terug Retha. Hoop julle het sommer lekker vakansie gehou!

William said...

The good old time, i have not been there in a long long time.

Unknown said...

Ek dog die dames gaan met Burkas swem! dit lyk baie interessant om daar te woon, en julle is al lank daar.

Sandra said...

Ons het dit ook maar altyd vermy omdat daar nie parkering is nie seun, maar nou is daar 'n hele parkeerarea - sal weer gaan as jy hier is.

Eward ek het al 'n paar met Burkas gesien maar dis nie so volop nie. Die abayas is meer gewild as swemklere :-). Daar is eintlik ook 'n swemuitrusting wat toemaak van kop tot tone. Lyk soos 'n arabiese duikpak :-).

Sonja said...

Dit lyk so lekker daar!

Sandra said...

Dis nie 'n lelike plek nie, ook nie 'n slegte plek nie, Sonja, maar dis ver van so mooi soos "huis".