Monday, July 25

Aftree oord vir donkies

Donkies .....


DSC_0211


Natuurlik wou ek gaan kyk hoe lyk ‘n donkie aftree oord en alhoewel Nelmari eers ‘n groot vraagteken daaroor gehad het, dink ek sy was self lekker nuuskierig.


Page3


Net langsaan is ‘n Plaasopstal restaurant waar ons ‘n heerlike ontbyt gehad het. As voorsorgmaatreel vir die koue, het elke stoel ‘n kombersie oor die relings sou mens jou bene wou toegooi. Daar is ook ‘n klein “twak en toonnaels” winkeltjie wat ons eers moes gaan beloer.


Page1


Allerhande artikels wat in die omgewing gemaak is … en dit hou ons nogal ‘n tydjie besig.


Page2


Julle weet mos hoe lief Nelmari vir cream soda is, en natuurlik trek die “cream soda blik lantern” haar aandag, en die groot beker wat sy onmiddelik dink sal kan werk as jou een koppie koffie per dag Elriza :-). Weet nie of julle die “pilletjies” kan lees op die foto nie, maar dit was nogal oulik.


Page4


En toe is dit tyd vir die donkies. Amptelik was hulle toe, maar ons kon nog steeds so oor en deur die draad na hulle loer. Die sanctuary vir die donkies is om vir ou, mishandelde en onversorgde donkies ‘n rustige plek van aftrede te gee. Party van hulle wou onmiddelik aandag gee en Nelmari was in die donkie hemel met al die liefies.


Page1_0


Julle kan gerus op hulle webblad http://www.donkeysanctuary.co.za/ gaan loer oor meer inligting oor hulle of hoe om een van die donkies aan te neem. Ja, Nelmari wou ook en na elke donkie deeglik aandag gekry het, het haar keuse op Dowwe Dolla geval :-).


11 comments:

Sonja said...

Dit is n oulike idee! Julle het voorwaar n slag om interessant plekke uit te krap- wens jy wil oral ry en "report"!

Charmaine said...

Die donkies is te oulik en hoe gelukkig is hulle dat hulle so lekker plek het om af te tree. Dis lekker koud hier vandag. He 'n wonderlike dag

Charmaine said...

Het julle vir my daai koppie gekry? ;-) Kan een van my twee koppies wees dink julle nie? julle moet lekker kuier, dit lyk baie nice! Elriza

Sandra said...

Sal net so baie daarvan hou om orals net te kan rondry Sonja. Nou geniet ek al die nuwe plekkies vir my ook :-)

Sandra said...

Jy sou hulle ook geniet het maat.

Dis nou daai "regular" een wat ons nou die dag gedrink het Elriza :-). Maar nee ons sal vir jou kyk na iets kleiners dat jy twee kan drink :-)

Unknown said...

Dankie, dit het sommer my blog vir vandag geïnspireer!

http://blogs.litnet.co.za/Bileamsedonkie/eseltjiesrust-en-moee-donkies

retha said...

Ek is saam met jou oor die rond ryery.

Het nog nie sulke lanterntjies gesien nie. Daardie bene kombersies help nogsals.

Sandra said...

Ek het nogal aan Bileam gedink toe ons daar was Ewald :-)!

Dis sulke lekker sagte kombersies Retha mens wil amper nie opstaan nie.

Thea said...

Ek het voor jou skrywe nog nie van die donkie sanctuary gehoor nie en nou's ek bly ek weet ook van dié plek. Sal beslis ook eendag daar 'n draai gaan maak. Donkies is oulik!! Ek onthou hoe baie donkies ons laas jaar daar in Kuruman se wêreld langs die pad gesien het.

Hierdie winkeltjies wat sulke oulike goed verkoop skep eintlik vir mens groot "probleme" want mens kan net soveel goed huistoe vat op die vliegtuig!! Ondervind julle dit nie ook nie??

Sandra said...

Jy weet dan Thea ;-). Dit is 'n yslike probleem en daar is soveel goed wat mens net verby moet loop omdat jy dit nie kan saamvat nie.

Een raai waar het ons gister geeet en gesnuffel. :-)

Thea said...

Hehehe.... kan net een plek wees.... Dassiesfontein!! :-) En dis hoekom ek weer eendag met 'n kar MOET afry Kaap toe!