Tuesday, March 29

Besluite, besluite, ons tel die dae af

Nog net 3 weke van formele skool ma dan's ek klaar, is al wat ek van Nelmari hoor! En so word die daggies afgetel ... En dan is dit nog een uit die huis in 'n ander land besig om te swot.


ANLP004


William stuur foto's van "sy werk" en dit laat my dink aan die kinders se loopbaanbesluite. James het onmiddelik geweet hy wil iets gaan swot wat met sport te doen het en na vier jaar studies is dit wat hy doen. Lekker geen hemp en das vir hom nie.


Page2


William aan die ander kant swot en doen nog prakties - en dit om ander mense op hierdie hoe stillasies te laat klim sodat hulle oa kan leer van saamwerk, hulle vrese oorwin en selfvertroue in hulleself ens. Baie firmas maak deesdae van hierdie metodes gebruik om hulle werkers spanwerk te leer. En ek het nooit geweet mens moet swot om sulke waaghalsige dom goed aan te vang nie :-).


Page3


Miskien was die invloed van die warm Abu Dhabi onbewustelik groot in hulle finale besluit op beroepe, ek weet nie. Het die feit dat daar 41 nasionaliteite in die skool is, 'n rol gespeel in hoe die kinders met mense werk en klaarkom? Nelmari wik en weeg nog tussen twee keuse maar in dieselfde rigting. Wat sou haar beinvloed het wonder ek? Dink julle waar en hoe mens grootword speel 'n rol??


Hoe dit ookal sy, ek wil net he dat hulle gelukkig moet wees in hulle keuse en dat dit lekker moet wees om jou werk te doen en dat hulle presies daar moet wees waar Vader hulle wil he.


Nou is dit een daggie minder as drie weke ...... en ons tel af.


7 comments:

Will.I.am said...

Its not that high, your only 12.5m off the ground when standing on the platform.Its strange how im doing the things I always got in trouble for when I was younger. ;-) as a job..

Sandra said...

Seun 12 m bo die grond is vir my 12 m meer as wat ek sou klim :-). Ja jy het omtrent orals geklouter toe jy klein was maar die beste een was rotsklim met 'n snorkel :-)

Sandra said...

Vergeet ek amper dit was nie net 'n snorkel nie, dit was flippers ook.

Thea said...

Wat William hierbo sĂȘ bevestig net wat ek gelees het en soos ek dit met my kinders en myself ondervind.

Ek het eendag iewers gelees mens moet net bietjie terugdink wat jy as kind graag gedoen het, dan gaan jy weet wat jou passie is. As jou passie jou werk is, gaan jy dus gelukkig in jou beroep wees. Ek het bv baie graag ingekleur toe ek klein was en ek dit doen dit steeds vandag, net miskien bietjie op 'n ander manier, maar ek "kleur" steeds graag alles in. My jongste het van kleins af weer goed uitgemekaar gehaal en aanmekaar gesit - dis vandag sy beroep en hy's mal oor sy werk. Die twee oudstes is weer mal oor syfers en is in hulle element in hulle beroepe wat hulle gekies het.

Dit klink vir my of jou kinders al drie reg gekies het (of ten minste 2 sover). Wat beoog Nelmari om te swot?

Sandra said...

Thea sy gaan probeer inkom vir Bionetika met hulle plek beskikbaar en as tweede keuse seker fision of medies. Wat ookal die spesialisasie sal sportbeserings wees :-) - asof sy probleme gehad het met sport besering.

Charmaine said...

As kind was inkleur defnitief ook my gunsteling tydverdryf... dis nie my werk nie maar ek het weekliks KLOMP prentjies vir die kindergroep om in te kleur, so ja, ek kan nogal saam met Thea stem.

Sandra said...

Maat mens kan mos inkleur met stories ook :-)