Wednesday, November 10

Lekker saam met die jongmense

Het julle mos vertel van die nuwe kampterrein wat ons wil uitprobeer en die afgelope naweek was dit sulke tyd. 'n Paar tieners en jong mense het saamgegaan om te gaan perdry in die woestyn.

74555_453140942927_533407927_5366152_3387786_n

Weereens was ons opgewonde om die mooi terrein te besoek, dis regtig soos 'n oase en veral die jongmense kon nie genoeg foto's neem nie.

Page5_0

Reg in die woestyn maar met genoeg groen rondom mens - mens moet net onthou hier in die woestyn beteken skaduwees nie noodwendig koelte nie.

Page1

Met die kamele wat rustig aandete eet, begin die tieners regkry om met sonsondergang te gaan perdry. Elriza wat veel korter as hulle is, maak seker die "pette" is stewig vas.

Page2

Die sonsak en daar gaan hulle.

Page3

Met die terugkom het die kamele klaar geeet en toe kom hulle vir aandag Het die klomp jongmense dit geniet?! Hulle vryf sommer hulle koppie so in die kinders se nek in.

Page4_0

Daar is soveel mooi ligte orals op die terrein en ons kon nie wag dat dit moet aangaan nie.

Page4

Alles is verlig en die tente word opgeslaan vir die aand. Met die son wat so warm bak, kan mens nie die tente op die gras opgeslaan hou nie, so ons kon dit slegs vir die duur van die aand doen.

Page5

Daar is lekker vuur gemaak en gebraai en toe is dit tyd vir boeresport. Jonk en ouer het saamgespeel.

Page6

Toe weer terug vuur toe vir marshmallow braai, sing en bietjie gesels.

Page7

Laat die nag of vroeg die oggend het die jongmense nogsteeds met die kamele gekuier en die jonger klomp het gesingstar net om baie vroeg met sonopkoms reg te maak vir die sonsopkoms-rit. Ons almal het dit regtig geniet. Bietjie styf van deur die duine loop die heeltyd (sand is beslis goeie oefening).

Page6_0

Loer gou hier na die kombuis waar die stowe nog toegedraai is - en dit nou soveel gaan kos om dit te diens en laat werk dat die goedkoper is om dit met nuwes te vervang. En die verhoog wat al die nuutste tegnologie en toerusting het wat enige event maar van kan droom. Foto onder regs is van die "losies" waar mense kan sit en kyk na die opvoering of konsert.

Page8

Met al die kinders oppad huis toe het ons gou gaan hallo se vir die diere op die plaaswerf wat net so lief is vir aandag.

Ek het natuurlik nou net Nelmari en Elriza se foto's geplaas, maar as julle van die ander gebeure wil sien, gaan loer op ons kindergroepblad hier.

Julle het nog 'n dag om te gaan, maar ons naweek begin en daar is groot planne !!!! Sal julle vertel!

Liefde

7 comments:

Jan and Miekie said...

Prentjie mooi - dit lyk asof jullle omtrent lekker gekamp het.

retha said...

As jy n paar van daardie lanterns - in die middleste prentjie- in gepak het sal ek asseblief een neem.

Koppie krap!? Kamele het nog altyd vir my na "stuck up" diere gelyk.

Sandra said...

Dit was heerlik Miekie. Koeler weer sou gehelp het, maar mens kan nie alles wil he nie.

Sal vir jou dan een moet laat kry Retha :-). Die kamele op die terrein is regtig liefdevol en is mal oor die aandag

retha said...

Wou jou net laat weet het jou blog het gemaak dat ek vandag baie ingelig geklink het! Ons het gaan kuier, toe ook geGrand Prix - wat ek niks van weet nie. My aansien het weer gestyg omrede ek geweet het van die Ferrari plek.

Sandra said...

Bly ek kon van hulp wees Retha :-). Hoop julle het die GP en kuier geniet!

Muriel said...

Wow!! ek sal wat wil gee om 'n kameel se kop in my nek te voel... hulle is darem die liefste diere...

Mmmmm ek is mal oor die lampe en my teddie moet die swysmasjien uithaal ek soek daai middelste een waar die lampies aan die staander hang!! hie hie

My kameel wat jy my present gegee het, staan op my koffie tafel en pryk en ek kry hope komplimente!! Sodoende is julle ook altyd in my gedagtes
x

Sandra said...

Lekker om van jou te hoor Muriel! Ek het aan jou gedink met die kamele :-)