Wednesday, October 27

Besoeker leer die dorp ken

Ek het julle mos alreeds gese dat dit bietjie dol in die Holloway huishouding gaan. Met al die aktiwiteite vertrek Nelmari ook vandag Doha toe vir 'n volleyball toernooi en word daar rondgeskarrel daarvoor. Eerskomende naweek word daar 'n beradingskursus vir jeugleiers aangebied en Willem Semmelink by wie ek jare terug die kursus gedoen het, is in Abu Dhabi om dit hier te doen. Lekker bederf vir ons mense hier. Natuurlik moet daar tussen al die werk wat ons vir hom uitgedink het ook 'n bietjie dorp gewys word.

Die wat al lank my blog volg het die plekke al gesien en sal selfs die nuwe uitbreiding kan raakkyk en daarom gaan ek nie teveel foto's van die plekke sit nie, maar vir Rina, Marianne, Tani en Righardi, Willem se vier vrouens in Suid-Afrika wil ek bietjie wys wat hy hier in die UAE aanvang.

Page1

Die eerste dag het ons net 'n bietjie gekyk hoe Abu Dhabi lyk en gou-gou vir teetyd by die hoe toring restaurant gaan ietsie drink. Willem het kansgekry om die dorp van hoog te beloer en baie foto's te neem.

Page2

Aandete het ons hom na 'n restaurant geneem wat van die plaaslike kosse het. Julle sal op elke foto sien hoe het die kos meer en meer geword soos ons hom al die disse laat proe het. Elriza "krap" so onder die brood vir nog vleis :-).

Page3

Heeltemal oorhoeks geeet moes ons dit afstap langs die Cornish. Dan neem mens altyd die besoekers deur die duikweg waar die mooiste mosiak prentjies is. Elriza wil he Nelmari moet die hare-dans saam met haar doen en Willem met 'n harem vroue in die oase.

Page4

Die weer raak regtig nou al lekker om saans bietjie te stap en in die agtergrond kan julle die winkelsentrum sien. In daai toring het ons die middag iets gedrink. Elriza en Willem gaan voel die water wat nou nie meer die jaar kokend is nie, net lou warm.

Page6

Die Emirates Palace Hotel word ook besoek. Agter Willem is een van die groot handgeweefde muurbehangsels van die hotel.

Page7

Nog prentjies van die hotel en van Willem wat besig is om vir Rina te sms.

Page8

Gou-gou deur die waterfontein loop om die voete nat te maak.

Daar is nog baie stories van ander besoeke en shopping ...

Lekker week vir almal.

5 comments:

Jan and Miekie said...

Nou toe nou! Wat 'n klein wêreld! Willem is my swaer! Wens ek het geweet hy gaan by jou kuier!

Thea said...

Jinne Miekie!! Kan jy dit nou glo! Sandra, julle moet die kuier en kursus geniet!!

Sandra said...

Jinne ja Miekie die wereld is omtrent klein :-)

Dankie Thea vandag was Dubai dag, sal julle nog wys.

Paula said...

Dit lyk asof hy die kuier sommer baie geniet het :)

Sandra said...

Paula dis altyd so lekker om mense die dorp hier te wys