Monday, January 4

'n Besonderse ervaring

Nog nie heeltemal genoeg van die water na die mangrove trippie nie en ons is alweer oppad Dubai toe om die waterpark te besoek. Nie net vir die park nie maar die twee manne van Elriza (DJ) en Leane (James) het vir hulle betaal om saam met die dolfyne te swem. Selfs vir ons op die wal was dit 'n besonderse ondervinding.

2

Hulle was ses in 'n groepie by 'n dolfyn en eerste het Savanna (dis nou hulle dolfyn se naam) onder hulle hande geswem dat hulle aan haar kon vat en kennis maak.

3


Dan word hulle touwys gemaak oor die handseine vir die dolfyne en Elriza is heel eerste aan die beurt.

4a

Sy roep vir Savanna wat maar te vinnig kom vir soentjies en 'n dansie of twee.

5a

Savanna is ook reg om vir Leane 'n soentjie te gee.

5b

En sommer nog een. Die meisies het sommer lekker met haar gekuier. Daar is soentjies uitgeruil, danse gedans en drukkies uitgedeel.

7

Nadat almal in die groep 'n beurt gekry het, vertel die afrigter hulle bietjie meer van die dolfyne, hulle gewoontes ens.


En dan kry hulle kans om saam met die dolfyne deur die water te swem. Lyk maar asof daar lekker mondevol soutwater ingekry is :-)


9

So lyk mens na so 'n ondervinding ....

10

Aan alles kom 'n einde maar die twee luister nog ernstig wat die dolfyn-afrigter te vertelle het.

1112

Uit die koue water onder 'n nog kouer stort en die meisies doen 'n blitsige afspoel :-)


13

Dit was verseker iets wat hulle nie sal vergeet nie - sal graag hulle eie kommentaar daaroor wil hoor.

14

Nou vir iets om te drink en dan gaan ons aansluit by die res van groep wat besig is in die waterpark.

'n Wonderlike eerste week van die 2010 vir julle almal!

16 comments:

Nimsi se Blog said...

WOW!!!!! Net om hierna te kyk is vir my al klaar n belewenis!

nikita said...

Wow! se ek ook! Ek sal terugkom en wil kom video kyk! Ek's oppad... lekker week daardie kant!

Sandra said...

Ons op die strand het ook nogal so gevoel Nims.

Lekker week vir jou ook Nikita. Het die skole daar by julle al begin?

Anonymous said...

Dit is fantasties en ek is groener as groen! Het darem al saam met die great whites geduik, maar hierdie lyk baie lekkerder!

mariette said...

Dit lyk heerlik julle.
wat 'n belewenis!

Sandra said...

Kaalvoet ek weet nie of ek ooit die great whites sal aandurf nie, jy's baie braaf.

Dit was verseker vir hulle Mariette.

Jan and Miekie said...

Wat 'n belewenis! Wat 'n vakansie!! Ek dink julle het 'n vreeslik interessant lewe daardoer. Dankie vir die blog.

James said...

Die meisies het omtrent gesmile en gestraal na hul uitstappie in die water. Ek kan net dink dis iets wat mens altyd sal op 'cheer' as mens terug dink daaraan.

Sandra said...

Miekie dit kan interessant wees, maar dit het maar sy pond of tien probleme. Die lekkerste deel is dat mens die mooiste land het om na toe terug te gaan wanneer jy hier klaar is :-).

Jy sal daai foto moet laat raam seun :-). Ek sou graag wil weet of die meisies in een sin hulle ervaring kan beskryf.

Thea said...

Die meisies het die nuwe jaar sommer op 'n baie besonderse manier begin! Wat 'n ongelooflike ervaring moes dit nie gewees het nie!

Sonja said...

Dit lyk fantasties!! Ek wens wens wens dit was ek, ek wou dit nog altyd graag beleef het! Dit moes wonderlik gewees het! Dit is n pragtige plek!

Sandra said...

Ek wag in spanning dat hulle moet vertel hoe hulle dit ervaar het Thea :-)

Dis nogal 'n besonderse "waterhuis" vir die dolfyne Sonja.

DJ said...

Love that video clip Riza!

Anonymous said...

;-) It was certainly the most memorable experience of my short lifetime, and thank you love, I know that's the prettiest video ever taken of me and glad you can see it in action!
Elriza

nikita said...

Skole het begin, maar ons is weer toegesneeu...skool is more toe agv sneeu! dit het so 7nm hier begin sneeu en teen 9nm was hier 'n redelike dik laag! Volgens die weer gaan hy vannag 12uur swaar val en weer more 12uur die middag en weer 3nm swaar val, dus, ek voorsien dat ons nog 'n dag na more ook tuis gaan wees. Jippieeeee!!

Leane said...

Dit was ongelooflik lekker gewees! Al probleem is dat ek ook nou 'n dolfyntjie wil he :) Ek sal graag weer wil gaan en dan sal ek vir James saam vat dat hy oor sy vrees van visse kan kom...