Hulle was ses in 'n groepie by 'n dolfyn en eerste het Savanna (dis nou hulle dolfyn se naam) onder hulle hande geswem dat hulle aan haar kon vat en kennis maak.
Die meisies het sommer lekker met haar gekuier. Daar is soentjies uitgeruil, danse gedans en drukkies uitgedeel.Nadat almal in die groep 'n beurt gekry het, vertel die afrigter hulle bietjie meer van die dolfyne, hulle gewoontes ens.
En dan kry hulle kans om saam met die dolfyne deur die water te swem. Lyk maar asof daar lekker mondevol soutwater ingekry is :-)
So lyk mens na so 'n ondervinding ....
Aan alles kom 'n einde maar die twee luister nog ernstig wat die dolfyn-afrigter te vertelle het.
Uit die koue water onder 'n nog kouer stort en die meisies doen 'n blitsige afspoel :-)
Dit was verseker iets wat hulle nie sal vergeet nie - sal graag hulle eie kommentaar daaroor wil hoor.
Nou vir iets om te drink en dan gaan ons aansluit by die res van groep wat besig is in die waterpark.
'n Wonderlike eerste week van die 2010 vir julle almal!