Saturday, January 23

'n Winter namiddag

So 'n bietjie hersiening .... julle weet dis nou winter hier en julle onthou die dorp is op 'n eiland ne?!

Een van ons gunsteling kuierplekke(lees eetplekke) is by die Sharangila-hotel net af van die eiland en die rede? Daar is heelparty nice restaurante en twee wat meer gunstelinge is. Die eet is vanaf SA, die die Meat & Co en 'n ander een het SA geregte op hulle spyskaart.

Noudat ons in die hoog winter seisoen is, kan ons self partydae buite sit en eet. Gister was een so 'n dag. Net voor William egter terug is, het ons by 'n ander plekke daar gaan eet en die ou het bietjie met ma se kamera gespeel. Wil julle net wys hoe lyk 'n wintersnamiddag hier.

DSC_0049

Daar is actually wolke en heelwat van hulle ...

DSC_0053

Vanaf die balkon by die restaurant 'n deel van die hotel links en die strandjie.

DSC_0055

Drie kano's op die strand en dis my gunsteling foto wat hy geneem het.

DSC_0057

Die moskee aan die anderkant wat vinnig besig is om toegebou te word.

DSC_0060

Die hotel na die regterkant en van die bote wat vasgemeer is.

DSC_0062

Die woeste, storm see waar mens liewers nie in die winter swem nie.

DSC_0074

Van die binnekant op die stoepie.

DSC_0070

Son besig om onder te gaan en ons eet nog steeds ....

Lekker naweek vir julle!

11 comments:

Thea said...

Pragtig, pragtig, pragtig! William is sommer baie oulik met die kamera. Mens kan die mooiste woorde gebruik om plekke mee te beskryf maar daai spreekwoord van "a picture paints a thousand words" is maar net absoluut só waar.

retha said...

Werklik pragtige foto's!

Sandra said...

Die plek verander so vinnig Thea, ons moet "prentjies" van alles neem :-).

Dankie Retha, ek hoop hy besef dat sy kamera net sulke oulike foto's neem en dat hy nie nou ma s'n wil he nie :-)

Charmaine said...

Maat nou weet jy wat om vir William te gee vir sy verjaarsdag. Die fotos is regtig baie besonders en ja, ons mnoet die winter geniet, elke oomblik daarvan.

Unknown said...

Sjoe dis mooi foto's!!

Sandra said...

O nee maat, hy het mos 'n waterkamera gekry, hy moet maar met dit speel.

Dankie deurdiewoestyn!

Jan and Miekie said...

Pragtigste fotos! Lyk so lekker rustig en ontspanne. Haha vir jou woeste see! Hoe laat gaan die son onder in die winter? En die somer? Kry julle baie muskiete daar?

Ronelle said...

Die foto's is pragtig.. kan sien mammaratzi het haar kinders mooi geleer ;-)
Die kano foto is beslis my gunsteling - sal dit vir Monique moet wys ( dalk skilder sy dit nog vir my )!!

Sandra said...

Die woeste see hier lyk so Miekie :-). Die son sak op die oomblik so rondom 6 nm. Hier is muskiete maar vliee veral in die woestyn is baie meer volop.

Ag so bly jy hou ook van die kano foto Ronelle. Gelukkig dat jy 'n dogter het wat vir jou die prentjie kan skilder :-)

Sonja said...

Jou seun moet dalk n fotograaf word! Dit is pragtige foto's!! Ai dit is n bekoorlike mooi plek!

Sandra said...

Mens het dit darem nou baie makliker met die digitale kameras is dit nie Sonja. Mens kan oefen en oefen sonder om te dink hoeveel die ontwikkeling gaan kos.

Dis een van die mooi rustige plekkies hier in die dorp ja.