Friday, April 4
Lekker verjaarsdag
En so is dit die hoeveelste verjaarsdag vir my hier in die woestyn ...
Saam met 'n paar spesiale mense, gaan eet ons by die golfklub en resiesbaan "braaivleis".
So tussen geregte deur hardloop ons na die heining om die perde te sien hardloop. Daar word sommer baie gesels ook.
Met winter wat einde se kant toe staan, geniet almal die buitewees.
So lekker gewees om saam met julle almal te kuier!
Friday, February 28
Klein Lara in Februarie
Ons klein poplap is nou 10 maande oud en sy word ouliker by die dag. Hier is sommer 'n paar foto'tjies van die maand Februarie.
Sy gaan sommer 'n groot plaatjie wees kan mens nou al agterkom.
Ons moet nou bietjie rus saam met tannie Elriza, maar daar word eers baie gelag
Dis lekker om buite te wees
Speeltyd saam met oom Will
En nog 'n kuiertyd saam met tannie Elriza.
Friday, February 21
Maatjies
Hierdie lelike gesig het 'n verskriklike persoonllikheid en maak seker dat almal van haar hou.
Mens kan sommer aan die gesiggie sien, al is dit hoe gekreukel, hoe sy voel en hier waar sy op die bank sit soos iemand op 'n perd is dit 'n "hartseer-gesiggie" want ounooi maak reg om uit te gaan.
Waffels kry ook nie kans om nie van 'n hond te hou nie, want Elsie wil graag vriende wees. Mens kan sien hoe gelukkig sy met haar win-vir-waffels-oor-gesiggie is.
Friday, January 31
Tyd om weer verskeie lande te besoek
Dis altyd so lekker om Global Village te besoek en mens moet mooi beplan tussen die warm en baie warm dae. Hierdie keer is dit heerlike "koeler" weer.
Indie is eerste aan die beurt.
Dit begin donker word as ons van die ander lande begin aandurf.
Watter land dink julle ons kuier nou in met al die pastas? Op hierdie stadium het Charmaine 'n waentjie op wiele gekoop om al haar pakkies in te sit.
En daar is net meer en meer goed wat mens eintlik sal wil koop.
So tussen-in kry William kans om turkse koffie te drink, ietsie vir ons te kry om te eet en ons kan kyk na danse van verskillende lande.
Pad huistoe en die inkopie-waentjie het kleintjies gekry :-).
Weereens 'n lekker rondloop, kuier en shop ervaring. Indien jy bietjie meer wil lees van die plek en wat mens daar kan doen, loer gerus op my tag Global Village hieronder, ek het vorige kere meer verduidelik.
Wednesday, January 22
Lara is nou 9 maande
En ons klein poplap is 9 maande oud!
Tandekry is nie vir sussies nie en niks, en ek bedoel niks is veilig om nie gebruik te word as 'n tandering nie.
Een ding wat ek glo is dat kinders met troeteldiere moet groot word, want so leer mens baie "skills" en Lara is gewoond aan haar kat en honde sussies. Dit maak dit ook makliker om by ander mense te kom en te sien hoe haar interaksie teenoor die diere is. Ek dink die diere kan ook aanvoel dat die mense weet om hulle nie seer te maak of af te knou nie.
Januarie was ook 'n tydjie wat sy bietjie met tannie Nelmari kon opvang en tannie Nelmari met haar.
Groot grappie tussen die drie :-)
Wat 'n seening om die kinders in hierdie maand almal by die huis te gehad het en watter groot blessing om klein Lara se "grootword" te sien en daarin te deel.
Subscribe to:
Posts (Atom)