Net so 'n klein entjie, die agterstoep van waar ek bly, is die Bontebok Nasionale park. Dus toe die geleentheid kom om weer daar te gaan besoek afle, was ek opgewonde.
Sandra
Net so 'n klein entjie, die agterstoep van waar ek bly, is die Bontebok Nasionale park. Dus toe die geleentheid kom om weer daar te gaan besoek afle, was ek opgewonde.
Ons het almal maar ons op en af ... tye wat ons God met ander vertrou maar nie met onsself nie.
Dis 'n groot week wat vir my voorle, en daar is/was dringende goed wat afgehandel moet word sonder dat ek weet, waar, wanneer of hoe. In my gebed gisteraand vra ek God, "asb Heer, kan ek 'n antwoord vir al die vrae moreoggend kry wanneer ek wakker word?" Slaap is min en vanoggend is daar nog 100de moontlikhede in my kop, sonder 'n antwoord, of so het ek gedink.
Wat ek wel kry, is om Daniel 3 te lees. Julle ken die storie van Sadrag, Mesag en Abednego wat geweier het om voor die koning te buig, in die oond gegooi is en sonder 'n skrapie lewend uitgekom het. Wat my egter tref is nie die stukkie waar hulle se "Ons het ons God vir wie ons dien, Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag" nie. Dis die stukkie wat ons partykeer nie by lees nie. Die stukkie wat se: "selfs as Hy dit nie doen nie ..."
Hulle het geweet en geglo dat God dit kan doen sou Hy wil. Die ware geloof is om te kan se, selfs as Hy dit nie doen nie, sal ek steeds glo dat God die enigste ware God is.
Selfs al doen Hy nie wat ek wil he nie, is ek steeds lief vir Hom en vertrou ek Hom steeds. Ek dink as ons, terwyl ons die aanslae in ons lewe ervaar, selfs al doen Hy nie wat ons vra nie, weet ons is geseend. Geseend omdat niks van waardeur ons gaan of waarmee ons moet deel, kan vergelyk met 'n ewigheid met Hom nie. Die bietjie ongemaklikheid, pyn en ander dinge sal ook verby gaan.
Ek hou van die gesegde wat se, om God te vertrou maak nie die berg kleiner nie, dit maak die klim makliker.
"Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom, Hy sal sorg" Psalm 37:5
Mooi dag, ek praat weer
Sandra
.
Wanneer jy Riviersonderend binne kom, en net nadat jy vir koffie gestop het, is die parkie aan die linkerkant. Nie baie parkies op die N2 nie, dis verseker en seker een van die redes hoekom dit destyds 'n plek was waar die toeriste gestop het. Nou is dit net 'n parkie waar almal verby ry of hulle honde vir 'n draaitjie neem.
'n Lekker winterson uitstappie en ek ry op 'n splinternuwe pad vir my, maar in werklikheid is die pad horingoud. Ons ry oor 'n ou brug en die Sonderend Rivier. Vroeg in die geskiedenis 1669 het 'n VOC soldaat reeds van die rivier gepraat, en is dit die "Rivier Zonder Endt" (the endless river) genoem. Later in 1707 het hulle dit die Kanna-kan-kann genoem wat die Hessequa Khoi se naam vir "water, endless water" beteken.
Dis net daar langs die rivier wat die "Ou Kaapse Hoofweg" loop. Tussen 1670-1850 is die pad gebruik om by oa 'n veepos te stop vir kos en water oppad Stormsvlei en Swellendam toe - Riviersonderend het nog nie bestaan nie - al die pad vanaf die Kaap. Dis moeilik om 'n prentjie te sien van ossewaens, perdekarre, perderuiters. Ek kan net dink aan al die lekker gesels, besprekings rondom die geelhout en stinkhout bome, die roete met sy uitdagings en plekke waarnatoe hulle oppad is. Een ding is verseker, hulle sou nie petrolpryse tydens die rit bespreek het nie. (Miskien moet ons teruggaan na perdry en waens)
Mooi dag, praat weer
Sandra