Sunday, April 21

Welkom kleine Lara

Eintlik weer kansie om by die blog uit te kom en so baie het gebeur waaroor ek nie geskryf het.  Gaan ernstig probeer om op te vang daarmee, maar eers die groot nuus .....
Page1
 
James en Leane het pappa en mamma geword van die oulikste, pragtigste klein dogtertjie Lara Mare! 
 
Page2
 
Sy was 'n bietjie haastiger as wat die dr gese het, en het net 2.9kg geweeg, maar ons kan reeds sien dat sy almal van ons, naby en ver,  om haar klein vingertjie gaan draai.  
 
Page3
 
Natuurlik het ek nou nog 'n beter rede om baie foto's te neem.  Sy sal maar gou-gou aan 'n kamera moet gewoond raak :-). 'n Daggie oud op hierdie foto's en dit lyk nie asof sy daarmee 'n probleem het nie.  
 
Page1_0
 
Dankie Pappa vir hierdie klein volmaakte, kosbare, spesiale dogtertjie!  Ons weet dat U elke deeltjie van haar en haar persoonlikheid beplan het! 

Tuesday, March 5

Is dinge aan die verander?

Dit voel soos 'n ewigheid terug dat daar advertensies teen 'n geskenkwinkel was, wat gese het, geen Christelike kaartjies word daar verkoop nie.  Of dat ons 'n kersboom van die huis moes bring om net een hier te he, want alles is stadig besig om te verander.  Nou nie 'n heeltemal 'n omkeer nie ... miskien moet ek net se dat hulle meer toegeeflik is vir ons wat anders glo. Gospelsangers word al hoe meer toegelaat om hier te kom optree, en nou praat ek nie van in 'n kerk nie, ek praat van in die publiek. 
 
WP_20130301_004
 
Die afgelope naweek het omtrent 5000 van ons, in die buitelug, op 'n hotel se grasperk, saam met Michael W Smith en ander geworship. 
 
165988_10200376160033930_1249367842_n
 
En  nie net in Engels nie, maar selfs in Arabies.  
406803_10200376178354388_495930255_n
 
Die gaskunstenaar was Brenton Brown van SA natuurlik, en Michael self het vir twee uur die worship gelei.  Ek dink daar was hoogstens twee liedjies wat mense net geluister het, die ander tye is daar kliphard saam gesing. 
 
417697_10200376185674571_1372382825_n
 
Dit was 'n ongelooflike aand en die amper 'n uur in die verkeer vassit na die tyd kon nie verander hoe ons gevoel het na die vertoning nie. 

Friday, February 8

Verjaarsdagete

Dis ook nou al 'n lang tydjie terug ...  
2631759-Hyatt-Capital-Gate-Abu-Dhabi-Hotel-Exterior-1
Nelmari het met haar kuiertjie hier so graag by die "skewe-gebou" gaan eet het en daar was net nooit 'n geleentheid nie.  Dus was dit die regte plek om te eet met my verjaarsdag, al was ons nie voltallig nie.
DSC_0306

Die restaurant is in die middel van die gebou, maar tog het ons 'n goeie uitsig op die besige strate van Abu Dhabi gehad. 

DSC_0309
Met al die lekker reen wat daar heeldag was, was dit gelukkig nie bewolk nie.

DSC_0312

Hier kan  mens sien hoe nat die paaie is.  Dit is 30ste straat wat lekker besig kan raak en as jy met hom afry kom jy tot aan die onderpunt van die eiland by die Cornish uit.
DSC_0320

Dankie julle vir die saamkom en al die lekker bederf op die dag, en die Sondagaand!  Ons sal weer gaan as William en Nelmari weer hier is :-).

Monday, February 4

Leane se ooievaarstee


Net so voordat Nelmari terug universiteit toe is wou sy bitter graag vir Leane 'n ooievaarspartytjie hou - ook maar nie lus om uit te mis terwyl sy in SA sit nie.  En binne 'n paar daggies is dit gereel en Leane hou die dag oop vir 'n spa.  Hoe geloofwaardig kan mens dit maak deur vir die ds te vra om vir jou part te jok :-).  

Page1

'n Lekker verrassing.  

Page3

Ons speel 'n speletjie oor verskillende woorde waarmee sy in die volgende paar maande te doen gaan kry.   

Page4

Maar gou-gou word daar antwoorde by ander gesoek. Dan word die geskenkies oopgemaak.  

Page5

Ek weet nie hoe dit met die ander gegaan het nie, maar ek en Nelmari het in die week voor die partytjie nie by een babawinkel verbygeloop sonder dat ons ietsie ouliks gesien het nie :-).  
Page6

Weer speletjies tyd en nou word daar gekyk wie die beste 'n babadoek kan aansit met toiletpapier :-).  

Page7

Daar word ook lekker gekuier rondom al die eetgoed ...   
Page8

Weer geskenke oopmaak tyd en dit lyk asof Lara heerlik gaan kan opdress elke dag. 

Page9

'n Briefie van haar ma en boetie van SA word ook oopgemaak en gelees.  (Weet jy sou graag hier wou wees Sue).  

Page10

Die ampertjies-pa kom ook by en hy kry ook 'n geskenkie om oop te maak.  'n Spesiale daddy's little girl pakkie en sportskoene vir haar "wedstryde".  
DSC_0295

'n Heerlike oggend saam met die dames en sulke oulike geskenkies vir die baba.










Monday, January 28

Lekker wintersdag

'n Lekker wintersdag is nogals nie iets soos ons by die huis aan gewoond is nie, dit is gewoonlik temp rondom die 20's wat in SA kan deurgaan as 'n somersdag.  Daar is nie baie van hulle nie, dus moet mens die meeste daarvan maak.  Vir 'n baie baie lang tyd dreig ons by die Cornish te gaan fietsry en eindelik het ons kans gekry. 
DSC_0207
Vir 'n slag is daar geen wolke of sand in die lug nie en kan ons sommer ver sien :-).  
Page2
Die "tannies" vind die trappery met die gaan nie so moeilik nie .... maar oor die terugry bly ons liewers stil. 
Page1_0
Ons kry kans om weer bietjie na die geboue te kyk.
Page3
Die jonger geslag vind dit glad nie so moeilik nie :-). 
DSC_0235
Daar is selfs 'n kans om te stop vir roomys ... op die lekker wintersdag.