Eintlik weer kansie om by die blog uit te kom en so baie het gebeur waaroor ek nie geskryf het. Gaan ernstig probeer om op te vang daarmee, maar eers die groot nuus .....
James en Leane het pappa en mamma geword van die oulikste, pragtigste klein dogtertjie Lara Mare!
Sy was 'n bietjie haastiger as wat die dr gese het, en het net 2.9kg geweeg, maar ons kan reeds sien dat sy almal van ons, naby en ver, om haar klein vingertjie gaan draai.
Natuurlik het ek nou nog 'n beter rede om baie foto's te neem. Sy sal maar gou-gou aan 'n kamera moet gewoond raak :-). 'n Daggie oud op hierdie foto's en dit lyk nie asof sy daarmee 'n probleem het nie.
Dankie Pappa vir hierdie klein volmaakte, kosbare, spesiale dogtertjie! Ons weet dat U elke deeltjie van haar en haar persoonlikheid beplan het!
3 comments:
So pragtig! Geluk aan jul almal.
Kan sien daar is baie wat na haar gaan omsien, partykeer selfs op dieselfde tyd ;o)
Hallo daar
Ek het op jou blog afgekom en dink dis pragtig. In die toekoms kan ek dalk ook in die midde ooste werk en ek dink jou blog is 'n inspirasie vir my om kontak te hou met die kinders en andere. Hou so aan. Mag die Here julle ryklik seen.
Johannes de Bruyn
Baie baie geluk. Lara is te dierbaar vir woorde. Mag sy oneindige vreugde en geluk bring. Jy mag maar 'n bree-bors ouma wees.
Mooi bly
Desíre
{Doing Life – my personal blog}
Post a Comment