Monday, February 4

Leane se ooievaarstee


Net so voordat Nelmari terug universiteit toe is wou sy bitter graag vir Leane 'n ooievaarspartytjie hou - ook maar nie lus om uit te mis terwyl sy in SA sit nie.  En binne 'n paar daggies is dit gereel en Leane hou die dag oop vir 'n spa.  Hoe geloofwaardig kan mens dit maak deur vir die ds te vra om vir jou part te jok :-).  

Page1

'n Lekker verrassing.  

Page3

Ons speel 'n speletjie oor verskillende woorde waarmee sy in die volgende paar maande te doen gaan kry.   

Page4

Maar gou-gou word daar antwoorde by ander gesoek. Dan word die geskenkies oopgemaak.  

Page5

Ek weet nie hoe dit met die ander gegaan het nie, maar ek en Nelmari het in die week voor die partytjie nie by een babawinkel verbygeloop sonder dat ons ietsie ouliks gesien het nie :-).  
Page6

Weer speletjies tyd en nou word daar gekyk wie die beste 'n babadoek kan aansit met toiletpapier :-).  

Page7

Daar word ook lekker gekuier rondom al die eetgoed ...   
Page8

Weer geskenke oopmaak tyd en dit lyk asof Lara heerlik gaan kan opdress elke dag. 

Page9

'n Briefie van haar ma en boetie van SA word ook oopgemaak en gelees.  (Weet jy sou graag hier wou wees Sue).  

Page10

Die ampertjies-pa kom ook by en hy kry ook 'n geskenkie om oop te maak.  'n Spesiale daddy's little girl pakkie en sportskoene vir haar "wedstryde".  
DSC_0295

'n Heerlike oggend saam met die dames en sulke oulike geskenkies vir die baba.










3 comments:

jackieo said...

Sjoe lyk asof julle sommer hope pret gehad het en Lara gaan beslis vir Suri lyk my uitstof met haar klerekas!!

Desire Fourie said...

Sandra dit het regtig na groot pret gelyk en sy is so geseend met sulke wonderlike familie en vriende.
Mooi bly
Desíre
{Doing Life – my personal blog}

Leane said...

Dit was omtrent 'n lekker verrassing! Lara gaan baie bederf wees met al haar mooi goedjies. Baie dankie aan almal wat die gereel en gekom het (en die wat nie hier kon wees nie), dit was baie spesiaal.