Showing posts with label sa braaidag. Show all posts
Showing posts with label sa braaidag. Show all posts

Sunday, September 26

Bietjie huis

Ek lees so af en toe ander blogs van Suid-Afrikaners reg oor die wereld en of hulle nou huistoe verlang, of hulle monde uitspoel oor huis, is daar altyd goed/dinge wat hulle nooit sal laat vergeet van ons mooie land nie. Hulle kyk nog rugby, maak nie saak vir wie hulle skree nie, hulle hou nog braai's en verseker se hulle dit nie altyd nie, maar hulle mis die sonskyn en mooiheid van ons land en miskien ball's blatjang, cream soda, peppermint crispt, biltong, droe wors, ens. ens. ens.

Page1_0

Nelmari se groot mis is cream soda en sy voel dat toe sy as vierjarige uit SA uit weg is, het sy baie uitgemis daarop en toe sy sien dat die Spur in Dubai nou die spesiale groen drankie het, was die moegheid van skool wat begin het weg - sy wou nie noodwendig Spur toe nie, sy wou cream soda toe.

Page1

Met die Nasionale braaidag het ons ook 'n bietjie saam met ander gekuier om 'n spitbraai met allerhande ander lekker goed soos ribbetjies, hoender, wors, ens. Ek weet elders by huise was daar ook braaie gehou, maar 'n mooi opkoms hier waar hulle nog 'n ekstra tafel of drie moes inpak.

Page2

Lekker gekuier en geeet aan die lekker kosse van die huis.

Geniet jul laaste dag van die naweek en sterkte vir die week wat voorle

Liefde