Sunday, September 26

Bietjie huis

Ek lees so af en toe ander blogs van Suid-Afrikaners reg oor die wereld en of hulle nou huistoe verlang, of hulle monde uitspoel oor huis, is daar altyd goed/dinge wat hulle nooit sal laat vergeet van ons mooie land nie. Hulle kyk nog rugby, maak nie saak vir wie hulle skree nie, hulle hou nog braai's en verseker se hulle dit nie altyd nie, maar hulle mis die sonskyn en mooiheid van ons land en miskien ball's blatjang, cream soda, peppermint crispt, biltong, droe wors, ens. ens. ens.

Page1_0

Nelmari se groot mis is cream soda en sy voel dat toe sy as vierjarige uit SA uit weg is, het sy baie uitgemis daarop en toe sy sien dat die Spur in Dubai nou die spesiale groen drankie het, was die moegheid van skool wat begin het weg - sy wou nie noodwendig Spur toe nie, sy wou cream soda toe.

Page1

Met die Nasionale braaidag het ons ook 'n bietjie saam met ander gekuier om 'n spitbraai met allerhande ander lekker goed soos ribbetjies, hoender, wors, ens. Ek weet elders by huise was daar ook braaie gehou, maar 'n mooi opkoms hier waar hulle nog 'n ekstra tafel of drie moes inpak.

Page2

Lekker gekuier en geeet aan die lekker kosse van die huis.

Geniet jul laaste dag van die naweek en sterkte vir die week wat voorle

Liefde

5 comments:

Sonja said...

Braai is nou maar eenmaal deel van ons kultuur! Gelukkig kan ons dit enige plek net so goed doen!

retha said...

Veral op die braai dag 1,2,3, hoeveel is daar nou weer

Sandra said...

En alhoewel hierdie mense ook vleisbraai is dit net nie dieselfde as ons s'n nie Sonja - hoekom dit weet ek nie, maar dit is.

Jinne Retha is daar soveel? Jy sal my die datums moet laat kry dat mens elkeen kan vier :-)

Miekie said...

Nou toe nou! Nie geweet cream soda is so skaars nie!
Ons het ook op braaidag ribbetjies, hoender en wors gehad. By Fruit en Vegetable City kry 'n mens nou so 'n lekker ontbeende ribbetjie. Njam. Ek is seker daar by julle kan 'n mens tot laat buite kuier sonder om 'n trui te soek? Dit lyk baie gesellig, almal so saam. Ons het in die middel van die dag gebraai, (hier was 5 kleine kindertjies). Gelukkig het die vlieƫ ons nog nie ontdek nie. Gewoonlik is braai in die middel van die dag in die somer 'n onbegonne taak hier op die plaas - die vlieƫ kom van ver! En in die aand het ons muskiete... Jene, ek kan kla ne! Eintlik bly braaivleis darem baie lekker. Ons kry die naweek weer kuiermense en dan maak ons maar weer so!

Sandra said...

Miekie mens kry beperkte "cream soda" hier, maar dis of bruin of wit - ek dink die groen maak die ding :-). Die Suid-Afrikaners braai nogal graag hier in die woestyn en as jy nou wil weet van vliee moet jy die woestynvliee sien - hulle beweeg net in troppe van baie. Geniet julle braai die naweek!