Showing posts with label leeus. Show all posts
Showing posts with label leeus. Show all posts

Tuesday, August 14

Die baba leeutjies by A.D.W.C - dag 2

Die oorspronklike rede vir William om by die ADWC te kuier, was om die leeutjies besig te hou dat Ronel 'n bietjie kan werk - want soos kleuters is hulle maar erg woelig. Kyk bietjie hier hoe hulle hom ook al sy dae gegee het.

Hunter mag dalkies op sy rug lê vir 'n pensie krap, maar dis nie 'n katjie nie.
William speel met Mercedes en Hunter lyk lus om saam te speel.
Maar tipies van 'n Groot Kat probeer hy van agter af inkom.


Kyk daai poot op die linkerkant terwyl Will lekker met Mercedes speel

William het altwee hande nodig om beide leeutjies besig te hou. Daar is bytmerke deur die skoene gemaak


Soos stout kinders wil hulle die kussing ook aanval.
Hulle kry ook kans om bietjie buite te speel. Lyk my hulle deel Will se liefde vir balsport want hulle wil daai bal hê.
Mercedes vat 'n ruskansie op haar stoel
Hunter lê sommer op die koue vloer.


William het hierdie twee dae verskriklik geniet en iets soos 160 foto's geneem. Ek het meeste van hulle op die album gelaai, gaan loer gerus daarna. Om die ou stories oor die leeus en/of die Abu Dhabi Wildlife Center te lees, klik op die labels.






















Friday, August 10

Foto'tjies van die baba leeus by A.D.W.C

Hierdie leeutjies is so oulik dat dit vir my moeilik is om net 'n paar foto's uit William se groot versameling te neem. Ek dink dit het nie veel verduideliking nodig nie, hulle vertel hul eie storie. Dis geneem terwyl William by die A.D.W.C (Abu Dhabi Wildlife Centre) gekuier het met sy foon kamera.

William jou skoen smaak baie lekker

Lyk hulle nie stout en reg om te speel nie?
Die waterbottel is 'n lekker speelding
Dis myne
Terwyl sussie met die waterbottel speel val ek die bank aan
Dit is Mercedes (die dogtertjie) se stoel waarop sy graag sit
Ons geniet die gras en skaduwee buite
Mercedese knip 'n uiltjie terwyl Hunter water drink.
Hunter speel graag met die kussing
William kry klein bytjies by Mercedes

Later in die week wil ek graag nog foto's van die pragtige diere by die A.D.W.C vir julle wys EN hoe William twee hande vol leeus het om besig te hou.























Monday, August 6

Nie AISA leeus nie REGTE LEEUS!!!

Hoeveel keer moes julle (ek dink ek praat hier meer met die junior-senior burgers) hoor dat mense van die buiteland sê of vra "loop die leeus in julle strate rond daar in SA"? Dan het ons altyd maar net geglimlag en gesê nee hulle's in die wildtuin, julle moet maar self kom kyk. Interessant hier vra hulle anders. "Where you from?" "South Africa" "Oh South Africa ... but your white". So ten minste weet hulle die leeus loop nie in Johannesburg se strate rond nie .... maar nou weet ek hoekom.
Die leeus bly in villas in Abu Dhabi!!!! Ja julle het reg gehoor. En die beste van alles is, hulle kom al die pad van Suid-Afrika se strate of meer korrek vanaf Bloemfontein. James dis miskien die fout met die Cheethas, hulle is eintlik Leeus?

In die winkel loop ek vir Ronel ook 'n SAfrikaner raak. Sy bly al amper so lank as ons hier in Abu Dhabi. Eers by die plaaslike veearts gewerk en later by een van die Sheikhs se jagluiperd teelprogram betrokke geraak. Sy was ook 'n paar keer al "ma" vir my katte as ons op vakansie is. Sy kan nie gesels nie sê sy want sy het baba leeutjies in die motor. Dink jou in ons reaksie ... ag moedertjie kan ons hulle sien?

Gelukkig bly Ronel net twee villas van ons af en kon ons gou gaan loer. Die tweetjies was 'n geskenk vanaf SA (Bloemfontein) aan die Sheikh en nou moet sy hulle oppas totdat hulle op hulle eie kan wees op die plaas. Hulle is BESIG en WOELIGE goetertjies. Met die inkom mag ons nie foto's neem nie want die flash kan hulle skrikmaak. Hulle is regte leeus wat jou eers ernstig beloer en dan van agteraf probeer benader. Sy sê hulle eet en kou alles op. Hulle bly by haar in die kamer en slaap in 'n kampbedjie en sy kry geen slaap nie. Hulle het haar zebravel flenters gekou - was seker 'n teleurstelling toe hulle uitvind daars g'n vleis nie. Nelmari nader hulle baie versigtig.

Na 'n hele paar minute het hulle ons half in die kamer aanvaar en is 'n paar met redelike knypbyte beloon. (Dit word met trots aan almal wat wil sien gewys) Die leeus het onmiddelik vir William uitgekies as hul gunsteling. Tydens hierdie foto het die wyfietjie op sy skoot kom sit en wat julle nie sien nie, is die mannetjie wat aan sy voet krap dat hy ook opgetel kan word.

Daar's hy die mannetjie word opgetel en vasgehou. Hy's heeltemal gemaklik in Will se arms. Hulle is sooo pragtig en mens kan maklik vergeet hierdie katjies kan nie sonder handskoene aangepak word nie. James sal dit nie 'n lekker mascot vir AISA wees nie - al die spanne sal weghardloop! Ronel het ons ook uitgenooi om later die maand die plaas te kom besoek voordat dit vir die publiek oopmaak!!! Lekker want verlede week is daar ook klein rooikatjies gebore.


Vir nog fototjies van die leeus kyk in my Photo Album regs net onder die temperatuur meter, in die Leeus folder! As hulle te klein is, dubbel click om dit groot oop te maak.

More gaan William by die "Teelsentrum" werk en hopelik baie foto's van die ander baba wild neem, ek vertel later in die week daarvan.