Vyftien jaar later ....
As 11 jarige het William en sy klas vir hulle 'n timecapsule gemaak en goed daara ingebere wat vir elkeen van hulle op daardie stadium belangrik was. Groot opgewondenheid toe dit tussen sy speelgoed ontdek is.
Die blik het nie eers genoeg spasie vir sy naam gehad nie, en hy het toe sommer om die hoek geskryf ;-).
Selfs die oopmaak het 'n glimlag ontlok toe hy sien dat selfs die bladsye wat hy gebruik het uit 'n tydskrif om dit toe te draai, eintlik deel van sy huidige beroep beskryf.
Tipies William is elke dingetjie versigtig een-vir-een uitgehaal en bekyk. 'n Klomp lee gunsteling stokkielekker papiere! Rede onthou hy dat dit nie ingepas het met die stokkielekkers nie, toe eet hy solank dit en hou die papiere met die "tatoo's". Ook een van sy micro-masjien karretjies was in die blik.
Duidelik het hy nie baie plek gehad vir goed nie, en is papiere en foto's meestal die inhoud. 'n Kaartjies was sy ouma vir hom gegee het voordat ons buiteland toe verhuis het. 'n Foto van die eerste "Fis" wat hy gevang het (ek dink nie hy het ooit daarna weer visgevang nie), 'n foto van hom en sy best maatjie wat eet en klomp ontwerpe.
Hy is vandag nog net so lief om projekte met tekeninge te beplan voor die tyd. 'n Briefie om te vertel wie hy is en waarvan hy hou, nog ontwerpe en 'n paar geldmunte.
Die blik mag dalkies nie heeltemal sin maak nie, maar in alles kan ek nog steeds vir William van vandag sien :-).