Iets wat ek defnitief nie met die laaste kuiken (Nelmari) uit die nes ervaar het nie, was die lee-nes sindroom en dit is alles Elsie se skuld. Sy is loshaande al drie kinders op een slag elke dag en sy maak dit haar misie om my "paraat" te hou meeste van die tyd. Elke dag is 'n nuwe dag vir haar waar sy ietsie doen en/of leer wat sy nie die vorige dae gedoen en/of geleer het nie.
Sy loer al lankal na die TV as daar erge beweging aan die gang is, en was 'n vurige rugby kyker saam met Nelmari toe sy laas hier was, maar toe ek my klein dvd-spelertjie per ongeluk aanlos en gaan water haal, was dit vir haar die wonderlikste ding, dat sy so naby op haar ooghoogte na iets kan kyk. Nou is dit iets wat sy permanent wil doen as die geleentheid hom voordoen.
En as ounooi werk, is dit die gesiggie wat my dophou en vra vir aandag.
Die roos was beslis nie 'n vredesoffer na stoutwees nie. Dit is sjokolade en sy is eintlik oppad om dit in haar "stash" hoekie te gaan bere sodat dit later geeet kan word - met papier en al.