Ons meisies help om die Lake se kaart en basis logo te teken en verf vir die uitstalling.
Tussen-in is ons eie klein span ook besig met fun aktiwiteite ... Daleen en Nelmari het besluit om vir Elriza 'n liedjie te skryf en verdwyn gereeld af na die meer toe om te oefen. Die liedjie word die laaste aand onder groot gelag met bewegings vir haar gesing :-).
Na vele vleislose dae vind ons naarstigtelik uit van eetplekke en hulle vertel van 'n plekkie wat heel billik is. Ons groep besluit om die hele span by die meer uit te neem vir "hoender en chips". Ek's nie 'n vreeslike hoender fan nie, maar ek kan vir julle se dat dit van die lekkerste hoender was wat ek al geeet het :-).
Terug by die basis het ons 'n kragonderbreking, en word daar by lantern afgesluit met worship en totsiens gese aan die mense van die meer. Ons span oorhandig ook die geld wat ons voor die tyd dmv fondsinsamelings ingevorder het sodat hulle een boot vir die floating church kan koop en vir die begin van hulle kinderbediening.
Ons het baie nuwe vriende hier gemaak en ons gaan hulle en die mooi sonsondergange by die meer mis.
Die volgende oggend is daar groot opgewondenheid met ons vertrek na Kabwe vir die Love Africa konferensie. 'n Sestien uur busrit le weer voor, maar hierdie keer ken ons baie mense op die bus .... dit gaan net lekker wees.
Die rit is amper langer as die kom, want iewers langs die pad gooi een van die ander passasiers 'n sakkie vuilgoed (dink dit was orige vis) by die venster uit, binne een van die aankomende motors wie se ruitskerm breek/kraak. Dit beteken dat die bus elke nou en dan gestop word, dan klim iemand in, loop op en af in die gangetjie en soek die sondebokke. Daar word gedreig dat as die skuldige nie te voorskyn kom nie, die hele bus na die polisiestasie geneem sal word. 'n Paar uur later by een van die groter dorpie, vertel sy darem dis sy. En terwyl ons wag, klim 'n vrou op die bus en lewer 'n preek wat ons niks van verstaan nie - en sy neem kollekte op na die tyd :-). Moet se dat die bus eintlik 'n wonder bus is, want by elke stop as 2 mense afklim, klim 5 op en so saam met die visse in die bagasie en kinders in die paadjie kom ons eintlik die volgende oggend so 2 uur in Kabwe aan.
Ons gastehuis/lodge waar hulle ons ingeboek het, is netjies en skoon en nadat ons vir amper 'n uur ons "woonstelmaat" wat reeds ingeboek was probeer wakker maak, kon ons bietjie rus voordat die bussie ons kom haal vir die konferensie. Die eerste dinge wat ons daar sien is die vers teen die muur uit Psalm 2 en daarna die saal vol vlae van die lande waar Christene onderdruk word. Nelmari was heel opgewonde om die UAE vlag ook daar te sien.
Die atmosfeer by die konferensie was heeltemal iets anders as wat ek al by konferensies ondervind het. Van oral oor in Afrika, Asia, Europa, Amerika en ander het sendelinge saamgekom. Dit was niks snaaks om mense te sien groepies vorm en spontaan begin worship nie.
Ons het van die begin af deel gevoel van almal. Nie net omdat die mense van die meer ons deel van hulle span laat voel het nie, maar ook omdat ons in so 'n kort tydjie by die meer soveel mense van oral ontmoet het.
Die worship gedurende die vyf dae van die konferensie was ongelooflik, en ons moes in Afrika tale sing wat ons nie eers geweet het bestaan nie :-), maar dit was great! Die saal kon nie al 800 mense akkommodeer nie, maar die res was in die overflow wat net so deel was van alles. Vir vier dae het ons ten minste 6/7 boodskappe/preke geluister ... almal van hulle het ons geboei en met ons gepraat. Tussen-in het ons werkswinkels bygewoon, gesing en gekuier. Van 6:20 in die oggend tot 9 uur in die aand ... en dan was ons lekker poegaai kan julle vertel.
Al die verskillende sendingstasies het ook terugvoer gegee oor hulle werk die afgelope jaar en ons was baie trots op die meer se span, asof dit ons span is met hulle verslag :-). Elriza het ook die geleentheid gehad om twee keer die worship saam met die meerspan te lei. En toe was dit tyd om te groet en die tydjie by die meer en sy mense het tekort gevoel.
Watter ongelooflike ondervinding het ons nie gehad, beleef en ervaar die 14 dae by die Meer en Konferensie nie .... daar gaan nog baie hieroor gepraat en gedink word.

Wie weet, eendag gaan een of meer van ons weer in daardie rigting.
5 comments:
Mens voel jy wil teruggaan. Die TTeam voel nou soos familie
Hulle doen ja :-)
Klink vol gepak!
Die taxi of program Retha :-)? Ja dit was nogal, maar ons het elke oomblik geniet.
Ag, ek kyk nou weer na jou blog na 'n lang stilte van my kant af, en my hart is sommer dubbel bly met alles wat julle kon doen EN met die feit dat ek Tannie Lenie en Oom Ockie daar in die fotos sien. So spesiaal!
Post a Comment