Thursday, September 12

Mooi klein dorpie met groot herinneringe

Dit het begin met William neem gou-gou vir my 'n foto van die teels asb.  Ek wou 'n foto of twee van Gordensbaai opsit,  maar terwyl ek opsoek na die "geskiedenis" is, het ek in my eie geskiedenis weggeraak. Die ontwikkeling het die baaitjie nie teveel verander nie.

scan0015

Vandat ek kan onthou, was die strand/baaitjie die plek waar die familie aan beide kante uitgehang het.  Jip ek is op die foto ... enige een wat 'n raai wil vat watter een? :-)  (En vir veiligheid sal ek nie van die ander ou foto's opsit nie :-))

Page2

Die teels het bygekom en die poskantoor is netjies en geverf mar die melkhoutboom (een van die ou posbome) is nog steeds daar.  Dit moet seker een van die lekkerste kantore wees om te werk met so 'n uitsig.   

9373658527_0d3ae99813_b

As kind onthou ek dat daar altyd piekniekmandjies gepak was vir die dag en ons plek om uit te kamp was net oorkant die bekende baken - mens was half omgekrap as iemand anders voor ons opgedaag het en dit durf waag het om ons plek te vat. 

CapeVisit10
Later as jongmense het ons graag daar gebrunch ipv piekniekmandjie pak.  Die dorpie was vroeer bekend as Vissersbaai en later Vishoek.  Toe daar egter 'n dorp verder met dieselfde naam kom, het hulle die dorp na 'n Kommandeur Robert Jacob Gordon vernoem wat die dorp in 1774 besoek het.

DSC_0494

En vandag is dit net 'n oopstuk grond wat iemand nog moet ontwikkel.  Dit vat seker 'n tydjie want ek kan net dink hoeveel 'n stukkie grond met so 'n uitsig voor sal gaan.   En nog altyd het ek gedink die GB in die ander teen die berg staan vir Gordensbaai, maar moes leer dat dit eintlik vernoem is na Genl Louis Botha na wie die vlootbasis vernoem is.  Ek wonder of die vlootbasis se naam nog dieselfde is?

p1010584-gordons-bayCapeVisit29

Kry die verskil?!  As kind was dit baie belangrik of dit hoog- of laagwater was want dan kon ons of vissies gaan vang in die rotspoele of met ons lilo.  Onthou jy RonelLe?  
DSC_0542

In die hawe le nie meer klein vissersbote nie, maar groot duur seiljagte, maar die uitsig en mooi van die dorpie is nog dieselfde.  

Wonder hoekom my ouma hulle nie maar die huisie in Gordensbaai gehou nie ...seker ons sou dit nuttig kon gebruik :-)

3 comments:

retha said...

Gordonsbaai was deel van my ontmoeting met die Kaap. Ons mag nie nalaat om daar te gaan met ons besoeke aan die Kaap. Die water is warmer. So bly ons het nou vriende wat daar bly, en nee hulle het nie 'n seiljag nie.

Sandra said...

Lekker plek om vriende te he Retha :-), en ja dis eintlik al "swemplek" rondom die Kaapse kus waar die water darem warmer is

Desire Fourie said...

'n Pragtige dorpie inderdaad in die mooiste land ooit.
Mooi bly
Desíre
{Doing Life – my personal blog}