Thursday, December 27

Pret in die Waterpark ...

Dis baie lekker om Nelmari bietjie by die huis te he, maar die kinders wil ook nie elke dag saam met die ou tannie rondhang nie.  Maar die ou tannie het geen probleem toe hulle wil Wild Wadi toe nie, want dit beteken sy kan bietjie alleen in haar gunsteling mall in Dubai rondloop :-).  Gelukkig het ek in Nelmari iemand wat ook 'n ywerige fotograaf is, en nogals nie slegte foto's neem nie :-). 
 
photo(9)
Daar word rustig op die rivier in die waterpark "gery" na die volgende rit toe.
 photo(1)
 
In een van die tonnels op die rivier.
 
photo(3)
 Nelmari onder die water by een van die poele/swembaddens.
 
photo(7)
 
 'n Aksie onder-water-foto van Elriza. 
photo(21)
 
Die rivier lyk ook nie altyd so rustig nie. 
Page1

Die park bo van een van die ritte geneem.  Baie mooi foto's Nelmari.

Aan die einde van die dag was ons almal lekker moeg.  Ek van die lopery in die mall en hulle van heeldag in die water, maar dit was 'n lekker uistappie ~ ek hoor hulle het nou afslagkaartjies, so hulle gaan weer :-)

4 comments:

Desire Fourie said...

Sandra dit lyk na pret en n lekker manier om af te koel. Pragtige fotos soos gewoonlik.
Hugs Desíre {Doing Life}

retha said...

O weë! Daardie een toring lyk of n vervoerband vir erts van dit af kom, is die kinders DAAR af?
Daar is genoeg glimlagte lyk niemand het eers 'n angsaanval gehad nie, dus eind goed als goed.

Sandra said...

Die kinders was doodmoeg na al die pret aan die einde Desire. Stem saam met jou Nelmari se foto's het baie goed uitgekom en dit nogals met 'n klein waterkameratjie.

Sandra said...

Jip Retha hulle is daar af ook. Daar was so 'n effense frons op die gesigte van tyd tot tyd, maar ek wag nie die video wys dat mense kan sien nie.