Monday, August 13

Dit kan net hier gebeur - 7

Dis warm hier mense, doodwarm en die arbeiders is seker die mense wat die meeste onder die hitte ly, maar die werk en bouwerk moet aangaan.  Die padwerke afdeling het 'n groot oplossing gevind vir die manne met vlaggies wat die motoriste moet laat stadig ry .....

557623_4313850012958_1364687088_n
Hulle het hierdie mannetjies gemaak en aangetrek wat die vlaggies waai.  Dit laat mens nogals stadiger ry om te kyk wie/wat presies hier langs die pad staan.  En mens kan nie heeltemal so goed sien nie, maar die detail soos "die sakdoek voor die mond vir die sand", brille, ens. is alles daar :-)

Miskien is dit soos 'n man-met-'n-vlaggie sal lyk as hy regtig te lank in die hitte staan, skoon uitgedroog.

2 comments:

retha said...

Hope the workers are on lunch or something, of dit lyk hulle hèt uitgedroog en weg gewaai.

Sandra said...

Ek het ook eers gedink dis darem 'n "maer uitgedroogte mannetjie" toe ek dit die eerste keer sien.