Saturday, August 25

‘n Nie so goeie ondervinding


Ons dae het gewoonlik baie vroeg in die oggende begin.  Ons gashere het die oulikste twee honde en ek dink hulle fun was om voor ons by die hek uit te wees en dan straat te vat.  
DSC_0099

Die kere wat ons die tyd fyn gesny het, was ook die kere wat Kaptein nie wou terugkom huis toe nie.  William het vinnig besluit dis gouer om die ou terug te dra as om hom by die huis te probeer kry :-).  
DSC_0103

Die besoek aan 'n klein skooltjie wat 'n eindjie uit die dorp gelee is, was vir ons almal seker iets wat ons altyd sal onthou.  Die skool is vernoem na 'n koningin wie se land op 'n stadium fondse gegee het, en nadat ons in die dorp gehoor het dit gaan maar sleg daar, was die eerste indrukke darem nie so erg nie. (Ek is so lus om te se watter land dit is - maar sal eers bietjie wag).   

Page2_0

Mens kom ook nie sommer met lee hande by 'n plek aan nie.  Alhoewel ons later gehoor het dat die kanse goed is dat die kos verkoop sal word, hoop ons tog dat dit by die kinders sou uitkom.
  
Page3_0

Die kinders se "enigste" maaltyd van die dag word by die skool gegee en ons kom net betyds om te sien hoe hulle met hulle lee botterbakkies tou staan vir pap.  Nie net het baie van die kinders nie eers bakkies nie, hulle deel en wag vir ander om klaar te eet en sit sommer so op die asgate en eet. 
Page5_0
Ons gaan loer na die "koshuis" en watter skok is dit nie!  Die lee vertrek (regs bo) is 'n "ontvangs" waar daar niks is nie.  Dan het ons bo links wat die dogters se slaapkamer is.  Daar slaap 45 dogters en daar is 5 beddens in die kamer - ons sien geen matrasse nie, net koue sementvloere.  Die seuns se situasie is nie beter nie.  Daar slaap 43 en hulle het 6 beddens - dis nou as jy die sonder matrasse ook kan tel.  Die een klerekas het net skoene sonder maats in.  
Page6_0

Ons speel bietjie speletjies met hulle, praat en luister na behoeftes en hul toekomsdrome, en glo my hulle (die kinders) het groot drome. Ons belowe om vir hulle bakkies te bring "vir starters" en eers na die groot gejuig kom ons agter hulle het nie "bowls" gehoor nie, maar "balls".  :-).  Gelukkig is daar vinnig iemand wat bereid is om 'n paar balle te skenk.  Dan deel die juffrou vir hulle  van die brood wat ons saamgebring het - een snytjie elkeen sonder enige iets op.  

Page7_0
Die besoek is so in almal se gedagtes na die tyd dat die  50 balle en  100 bakkies so gou moontlik gekoop moes word - en operasie opblaas begin. 
DSC_0938

'n Week later is ons reg vir nog 'n besoek aan die skool en hierdie keer spoor ons die "ou" beddens ook op - vuurmaakhout.   
DSC_0950
Ek het nog nie eers genoem dat die skool wel storte ens het, maar dat die pype wat deur die royals ingesit is, nie eers werk nie - water is 'n probleem en word nog aangery met die donkiekar skool en koshuis toe.  Dit beteken dat niks, nie klere, nie beddegoed, nie blyplek ens. gewas kan word nie.  

Page8_0

Omdat ons bekommerd is dat die bakkies en balle verkoop gaan word, maak ons seker elke kind skryf sy/haar naam op die borde en balle.  Daar word ook ernstig met die onderwysers gepraat.  Ons wil graag help, as hulle ook iets van hulle kant af doen en ons gaan check of goed nog daar is.  

Daar is nou iemand wat gereeld die skool en veral die koshuis gaan besoek, maar daar is nog baie behoefte en werk.  Onmiddelike behoeftes is goed soos komberse, matrasse, ens. en dan Riana sien ek nogal hoe jou kleurvolle skoolverfprojek om bietjie "lewe" in die plek te blaas :-) 'n verander kan bring. Klere is ook 'n groot nood - die kinders het bv nie eers onderklere nie.

Die skool het werklik aan ons almal se harte gevat en ons wil graag iets daar doen en om  hulle selfversorgend te maak  - saam met die kinders van die skool - om dit 'n plek te maak waarop hulle trots gaan wees en wat vir hulle soos huis sal voel, sodat hulle kan leer en skooltoe gaan en hulle drome kans gee om waar te word.  

As iemand van julle graag wil deelwees van die help projek, al is dit net 'n blik verf, laat weet bietjie.


1 comment:

retha said...

Vuurmaakhout.