Wednesday, August 29

Dis hoe dit moet wees

Met die besoek aan die laaste skool nog baie in ons gedagtes en gesprekke vat ons vroeg die drie uur rit na die dorp Okahandja.
DSC_0185

En hoe anders is die opset en ontvangs nie.  Ons word rondgewys om te sien wat hulle alles doen. Op die foto is die "second change" klas - waar enigeen wat nie vroeer kon leer nie, kan kom skool.  Julle sal sien dis regtig oud en jonk wat klasloop.
DSC_0217

Dis nie 'n skool nie, maar daar is 'n kleuterklas vir die kinders dat hulle nie alleen by die huis hoef te bly terwyl die ouers werk nie, en aan die gesiggies kan mens sommer sien dat hulle baie gelukkig is.  Natuurlik het ons hope kans gekry om met die babatjies te speel.
DSC_0229

En almal wil net drukkies uitdeel - arme Daleen word reg in die middel van so 'n poging vasgevang.
DSC_0235
Alhoewel daar nood is, probeer hierdie groep so selfversorgend as moontlik wees en die twee "groenhuise" voorsien vir die sopkombuis.  
DSC_0282

Dis 'n gemeenskap sentrum en die gemeenskap van hierdie deel van die dorp is in en uit by die sentrum, mens kan sommer sien dis vir hulle lekker om daar te wees.  

Page1

Een van die projekte vir fondse is die maak van plekmatjies en kussings wat veral deur die lodges gekoop word.  Ruhan het ook seker gemaak sy ma kry daarvan.  Die groentes vir die sop word deur mense geskil wat deur die sentrum gevoed word en so ook die res van die sop.  
Page2

In die kleuterklasse word daar handwerk gedoen en die draadjies in Daleen se mond is 'n groot nuuskierigheid.   

DSC_0353

Almal het die klasbesoek geniet.   
Page3

Dan is dit tyd vir nog 'n klassie ....  
Page4

Intussen is die volwassenes wat kom kos by die sopkombuis haal besig om in die saal te vergader.  Daar word eers 'n paar geestelike liedjies gesing en Elriza kry ook kans om 'n kort boodskap te lewer. Hulle gee daagliks kos vir 400 mense.  

Page5

Wat my beindruk het is die vrou in "beheer" van die sentrum - sy ken elkeen wat kom opskep en weet watter huis moet bietjie meer kry ens.  Elkeen moet ook registreer hoekom hulle nie kan werk nie, wat dit moeilik maak vir die mense wat sommer van die shebeen (wat orals en oorkant is) kan kom koshaal. 

Die dag het net so 'n groot indruk op ons en die jongmense gehad en 'n baie positiewe een na die vorige skool se ondervinding.  Ons almal het ook saamgestem dat so 'n sentrum nodig is in die ander dorp waar ons werk - en hierdie mense weet reeds hoe om dit doeltreffend te bestuur - dat die gemeenskap self terugploeg in die gemeenskap.

1 comment:

retha said...

Dit is goed te sien hoe gemeenskap iets doen en saam.
Daleen is darem braaf om vingers so in haar "mond" te kry :)