Monday, July 2

Dit kan net hier gebeur - 1

Om 'n foto-dagboek van ons doen en late in die woestyn te hou is die hoofdoel van my blog.  In die proses kon ek mense ook wys hoe dit hier lyk.  Met die sorteer van my foto's sien ek soveel foto's van dinge wat "net hier kan voorkom". 

Hier word altyd probeer om groter en beter as enige ander plek of land te wees MAAR omdat hier so baie mense woon wat nie Engels as eerste taal het nie en daar soveel verskillende kulture is, gebeur daar baie keer goed wat ek nie dink enige ander plek ter wereld kan gebeur nie. (Ek's seker dat dit partykeer wel doen - maar ek weet nie daarvan nie)

So ek wil eenkeer 'n week ietsie "unieks" wat eie is aan die plek met julle deel. 

photo
Padtekens sorg vir groot pret en glimlag as mens partykeer die langpad aandurf.  Hierdie een sien ons oppad vir ons maandelikse uitreikdiens in Ruwais.  Ons ry in die woestyn, sien net woestyn en dan hierdie bordjie ....   Nodeloos om te se, mens kyk altyd of jy 'n boot sien.

6 comments:

Sonja said...

Hahaha! Dit is lagwekkend! Ek wonder wat het hulle gedink toe hulle dit opgesit het!

retha said...

Dalk het die woestyn skepe vroeer jare sulke skerp punt gehad as boggels. :o))

Sandra said...

Sonja, miskien juis spesiaal vir ons om 'n speletjie op die langpad te speel "i spy with my little eye ..." :-)

Sandra said...

Retha met hierdie ouens weet mens nooit :-)

Charmaine said...

Ek dink hulle gaan dalk nog eendag daar water he en bote en als. Hulle sit solank die tekens op.. wat klaar is is klaar

Sandra said...

Nie met die spoed wat hulle see droogle nie maat - miskien was daar bote lank lank gelede :-)