Voor die geveg begin ....
Die meisies wys hulle is gereed vir die geveg. Ek hoor hulle het op 'n stadium tydens die "geveg" teen die manne in die hutjie gaan skuil en is toe omsingel en opgeskiet ... nie mooi nie seuns.
Agter James kan julle nie net die lugverkoelde bane sien nie, maar ook hoe hoog die humiditeit is - dit was na 7 uur die aand.
Gewere en toerusting word reggemaak vir die aanslag.
Dele van die baan. Die hutjie waar die meisies kon wegsteek ens :-)
'n Paar bloukolle later maar nog steeds met glimlagte lyk dit asof hulle dit darem geniet het.
2 comments:
Ek sien dis 38C by julle. Hier by ons in Alaska is dit hoog somer en dit word tot 18 C in die dag.
Groete
Freddie Burger
Welkom hier Freddie.
Ja 38C teen 7:30 in die aand is vir ons nogals koel :-).
Post a Comment