Sunday, June 17

Kinders speel toeris

Een van die goed van hierdie land is dat mens nooit kan dink jy het alles gesien nie, want byna daagliks voel dit vir my is daar iewers iets nuuts of 'n nuwe gebou wat opspring.  Dis lekker om die kinders by die huis te he en alhoewel Nelmari slegs Januarie weg is, was William meer as 'n jaar laas hier, dus is baie goed vir hom redelik nuut.  Ons het ook 'n nuwe predikantspaar wat in die hitte hier begin het en het ons sommer besluit om so van die water af te kyk wat het nuut bygekom ... en hopelik sal die seelug bietjie help vir die hitte ook.  (Ons somer begin nou eers en teen 10 uur toe ons met die rit begin het, was die lesing 41 grade C) 

DSC_0015

Oppad na die boot toe, mens wens eintlik jy kan 'n a/c met jou saamdra.
DSC_0042

Die Nasionale theater reg langs die water

DSC_0044

en langs die ou Heritage village

DSC_0051
Die een hoe gebou na die ander begin nou opspring - hierdie een met sy interessante onderkant, lyk soos 'n vuurpyl.

DSC_0053

Met ons aankoms in Abu Dhabi was Eddie se werk een van die hoe gebou in die dorp en 'n groot baken vir wanneer ons verdwaal het.  Nou staan die gebou (met die witbal op) skoon verdwerg teen die ander wat rondom gebou word.
DSC_0059

Die lug is baie duinserig op die oomblik (baie sand in die lug), maar jy kan nog steeds die mooi groen van die tuine sien

DSC_0075

Die groepie voor die ou Mina port - en ons kry nie warm nie, ons KRY WARM.
DSC_0085

Die ou het ook so 'n bietjie met die boot gespeel en ons moes vashou al wat ons kan.
DSC_0103

'n "ruimteboot" wat in die marina geland het :-)
DSC_0099

Die GROOT 7-ster Emirates Palace Hotel is skoon verdwerg agter die klomp geboue wat net agter dit gebou word.
DSC_0092

Lekker windverwaaide groep aan die einde. 

Ons sal heelwaarskynlik nog 'n paar watergoed in die hitte doen voordat die kinders moet terug na die lekker koue SA.

 


2 comments:

retha said...

Jou 1ste foto lyk of hul op 'n loop is. En die klere en bokse komplimenteer mekaar. :]

Ek voel jammer vir die bouers wat daar bo moet werk. Hoop dit is nie trappe wat hul tot bo moet klim nie.

Anonymous said...

Die kinders geniet seker die warmte na die koue wat hulle hier ervaar.