Tuesday, November 15

Eerste besoek aan Etosha

Ek het omtrent lanklaas geblog en dis seker tyd dat ek my foto dagboek op datum bring. So tussen ons "werk" in Namibia is ons ook lekker bederf en kon ek vir die eerste keer die Etosha Nasionale Park besoek. Outjo is redelik naby aan dit, en die pad deur die dorp is lyk my die pad wat almal moet ry as hulle na die Park toe gaan.


Page1


Ons was baie opgewonde en die eerste diere wat ons sien .... leeus! Dit was ook die laastes toe ons later weer uitgery het. Waar die rooibokke in die Kruger Park orals is, was dit met ons besoek aan Etosha die jakkalse - hulle was omtrent orals!


Page2


Dit lyk beslis nie soos iets wat ek al gesien het nie en die plantegroei bestaan hoofsaaklik uit grassoorte, savanna en natuurlik Mopanie bome.


DSC_0093


Etosha beteken "place of dry water" en hulle het 'n groot pan waar die diere kom water drink - as daar water is.


Page3


Ons het een van die kampe besoek, Okaukuejo en ek was baie beindruk. Deel van die kamp is 'n groot watergat met heelwat plek waar mense kan sit en kyk na die diere.


DSC_0138


Natuurlik ook 'n baie veilige vliegveld met die sekuriteitjakkalse aan diens.


DSC_0157


Die ou grootte was alleen en het vir ons groot vermaak verskaf terwyl hy stadig oor die pad gedrentel het.


DSC_0164


En soos altyd was die jakkals gou by om hom geselskap te hou.


DSC_0229


Alhoewel daar baie diere in die park is/was, het ons glad nie groot troppe gesien nie, maar darem soorte en die rede is hoofsaaklik die groot brand wat driekwart van die reservaat afgebrand het.


Page5


Hier kan julle sien, die foto's is nie swart en wit nie, maar met die zebras in die gebrande stukke lyk dit so. Selfs die springbokke was swart van die roet. Die brand het verlede maand gebeur en mense vertel dat diere in vlamme gevlug het en toe geskiet moes word.


Dit was so lekker om weer in 'n reservaat rond te ry en ek hoop dat ek weer 'n geleentheid sal kry. Ek glo ook dat met reen die groot gebrande stuk grond, binnekort mooi groen sal wees.


Lekker week vir julle


6 comments:

Charmaine said...

Sulke pragtige foto's. Ek is baie hartseer oor die diere wat doodgebrand het.. en verwonder my oor die jakkals wat die olifant geselskap hou. Altwee bietjie alleen dink jy?

Anonymous said...

Mooi foto's! 'n Plek wat definitief op my lysie is om te besoek!

Sandra said...

Miskien maat maar wat 'n kombinasie :-)

Jinne kaalvoet het lanklaas van jou gehoor :-). Jy sal 'n fees daar he met al die mooi foto's wat jy neem.

Anonymous said...

Ja Sandra, was bietjie van die toneel af...rooflees nog oral. Terug in SA en hier gebeur nie veel nie en dit hou heel week aan. Het eintlik nog baie om te vertel van die Ooste, maar om die tyd te kry vir blog is ook 'n ander ding. Sal wel weer daarby uitkom.

Sandra said...

Waarnatoe volgende? Midde Ooste? Hier is baie poste in jou lyn :-)

Anonymous said...

Hmmm, jong, ek byt maar eers bietjie vas in SA...het so ruk terug gekyk na opsies in die Midda Ooste, maar weet nog nie of ek regtig sonntoe wil gaan nie. Sal sien wat lewer my huidige werk op, maar op die stadium weet ek nie of ek lank hier sal/wil bly nie. Ek is nie gemaak vir een plek nie, so sal maar wag en sien wat gebeur vorentoe ;-)