Tuesday, November 1

En die "werk" begin

En na 'n heerlike rustige Saterdag besoek ons die volgende dag die plaaslike NG kerk. Die hele gemeente daag in rooi hemde by die kerk op en die beste wat ons kan doen is wit, dus sien hulle gou wie is die "nuwe" mense in die dorp. Ons is gebless om op die Sondag die kerk vir die eerste keer in 'n baie lang tyd volgepak te sien en die diens was baie besonders. Ons kry so 'n indruk oor die dorp en sy mense en kan sien dat dinge werklik aan die gebeur is hier. Moet byse ek het lanklaas soveel mense hoor Afrikaans praat :-). Sondagaand is dit Elriza se beurt om in die kerk te preek en ons maak ook kennis met Vicky se plaasbakkie ... wat vir baie pret sorg want ons moet mooi voor in pas.


Die volgende dag is dit so besonders om wakker te word met al die dieregeluide en daar is kans om met die plaaswerkers te praat. Maandagaand praat Elriza met die tieners en deel haar getuienis en die praatjie word baie positief geneem. Daar is geen kans om daarna huistoe te gaan nie, want sy word oorval met tieners wat wil praat. Dit het voortgegaan tot laat in die aand. So tussen al hierdie dinge het ons ook so bietjie met van die inwoners in die dorp gepraat en berading gedoen. Vicky verjaar ook intussen en haar vriende reel 'n ontbyt by een van die lodges en ons kuier baie lekker saam. Almal kry die geleentheid om hand by te sit om die ontbyt te maak. Ons kuier vreeslik lekker hier op die dorp en maak baie nuwe vriende. Dis regtig 'n spesiale plek hierdie :-).

No comments: