Wednesday, November 23

Niks kan ook mooi wees


Selfs in die middel van ons "jaar" is almal besig om die einde-van-die-jaar-ek-het-vakansie-nodig-gevoel te kry. Lekker klomp goed wat mens besig hou en ek kry nie tyd om die blogs op datum te bring nie. Partykeer wonder ek of dit nou regtig nodig is om so gereeld my foto-dagboek op datum te hou.


En dan lees ek vanoggend 'n stukkie wat se, elkeen "worship" God op 'n verskillende manier. Party sing, ander verf, ander bou, ander weer deur kreatief te wees, sommiges mediteer, ander dink, party diens .... julle kry die boodskap?


Ek dink vir myself een manier waarop ek kan worship in iets wat ek regtig geniet, is "worship deur die kamera lens". Ek's nie goed nie, en daar is nog baie om te leer, maar as ek so deur foto's kyk wat geneem is, kan mens God se hand en Sy Skepping in alles sien.


Vanaf Outjo tot by Hentiesbaai, het ons deur baie niks gery, maar ons kon die stilte hoor en Sy grootheid sien.


DSC_0079


Hierdie is 'n "bushalte" op 'n "hoofroete" grondpad. As mens so kyk dan is die afleiding dat reen nie baie gereeld hier val nie.


DSC_0081


Reg in die middel van waar daar baie niks is, staan hierdie winkeltjie met de naam "Hou moed". Ek wonder hoe hulle die naam gekies het. Waarvoor wil/wou hulle moed hou?


DSC_0085


Die winkel se bure .... het hulle moed opgegee? Die boom het duidelik nie.


DSC_0094


Water bring altyd hoop.


DSC_0103


Partykeer is dit die pad wat die minste gebruik word, presies die pad wat mens moet vat.


DSC_0107


Die eerste mens wat ons op die pad teekom. 'n Donkiekar met mamma-hond en haar babatjies op.


DSC_0111


Nie lank daarna nie, sien ons die pad is eintlik besig want ons kom nog 'n padverbruiker tee.


DSC_0118


Die pad loop dood in 'n rivierloop .... dis so mooi.


DSC_0142


Hierdie mense het nesgeskop aan die voet van die koppie... Ons het met 'n 4x4 gery en ek wonder hoe hulle oorspronklik met die karavaan daar gekom het.


DSC_0150


En dan in die "harde" woestynwereld orals die stalletjies waar klippe verkoop word en baie hulle bestaan mak.


Is daar in enige van die foto's een waar jy God se handewerk kan sien? Ek dink as mens kyk, sal jy dit orals en enigeplek sien - en met die kamera en foto's kan ek myself weer daaraan herinner.


10 comments:

retha said...

"as mens kyk, sal jy dit orals en enigeplek sien" Stem met jou saam!

Klippe? vreemde vorraad.
Lyk my ek sien 'n 'leeu' maar hy het klaar ge'shop'.

Sandra said...

Nie 'n leeu nie Retha, 'n draad olifant :-)

Anonymous said...

Sandra, jy moet nooit ophou foto's neem nie. Jy verryk my lewe en my ou wêreldtjie met jou foto's en interessante stories.
Riana Ferreira

Sandra said...

Ek lief die foto's neem Riana en dis vir my lekker dat julle ouens saamlees. Ek wil net nog eendag baie graag van julle werelde in blom foto's met ander deel :-). (wink-wink)

Ronelle said...

Pragtige foto's en inspirerende inskrywing...

Sandra said...

Dankie nig :-)

Toortsie said...

God praat baie met my deur die natuur, so, ja! Ek sien wat jy bedoel. Ek wil myself nog steeds skop omdat ek jou nie genooi het toe jy hier rond was nie!

Cecile said...

Ons God is Grood Sandra en Hy is alom te sien soos jy sê partykeer in NIKS. Dankie vir jou blog dit inspireer my baie. Veral die stuk het my weer moet gegee...:-)

Sandra said...

Ek is Januarie vinnig daar vir 'n heen en weertjie met die Stellenbosch ganery van Nelmari Toortsie - jy gaan mos dan ook in die omgewing wees :-), miskien kan ons koffie.

Lekker om van jou te hoor Cecile!

Charmaine said...

Dit is jou worship maat en ons word almal geseen daardeur