Friday, November 18

Ons maak nog steeds kennis met nuwe plekke

Na die reservaat slaap ons oor by 'n tent-lodge Monjila so 30km van die hek af en dis 'n heerlike ondervinding.


Page1_0


Ons is die enigste mense die aand daar en word lekker bederf met aandete. My tent-maat vir die aand besluit ons slaap met oop vensters en gedurende die nag is sy heelpartykere wakker met al die diere-geluide. Sy vertel nou vir almal dat tannie Sandra nie verskriklik belanggestel het in haar "luister tannie" nie, en net deur die slaap geantwoord het "ja ek hoor".


Page2_0


Weereens is die sonsondergang verskriklik mooi en die "klein pastoortjie" soos die mense van Outjo haar noem, neem baie daarvan :-).


Page3_0


Die volgende oggend moet daar vroeg gery word, maar nie voordat Elriza kans kry om haar preek vir later die oggend deur te gaan nie. En hoe lekker kan dit wees om sommer so tussen die grootheid van Sy Skepping dit te sit en doen nie. Daai bok het sommer oppad terug langs die pad oor die heiding gespring en ons kon hom sommer in die ry vang.


Page4


Terug word daar huiskerk diens gehou en die volgende dag is nog vol met beradings en die aand wys ons vir die mense foto's van waar ons vandaan kom. Ons groet die dorp en sy mense wat in so 'n kort tydjie diep in ons harte gekruip het.


Voordat ons terugvlieg word die pad Windhoek toe aangepak deur 'n paar plekke wat ons net moet sien. Kyk hierdie Namibiers is baie trots op hulle woestyn .... En ons is nie een oomblik spyt daaroor nie. Wat ons ook hier gesien het, is dat mens by elke dorpe moet stop vir koffie want hulle is ver uitmekaar uit. Volgens Paul, kan Vicky 'n twee uur roete in sewe uur doen met al haar koffie stoppe :-)


Page5_0


Koffie by die Vingerklip lodge waar ons uitkyk oor die 35m hoe Vingerklip wat ook as die "Kalk kegel" of "limestone skittle" bekend staan. Hierdie baie bekende landmerk is baie jare terug gevorm deur die erosie van die Ugab rivier. Die lodge het 'n wonderlike uitsig op die klip. Bo in die middelste foto is die Eagle's Nest restaurant want mens kan besoek as jy die trappe op die regterkantste foto klim. Die uitsig is blykbaar die moeite werd na al die klim.



Page6


Die swembad was baie aanloklik in die hitte. Aan die anderkant van die klip is die Ugab terrace lodge wat op die plato gelee is. Vicky vertel dat daardie donker merke op die berg die plekke is waar die watervalle is tydens die reenseisoen. Mens kan net dink hoe dit dan daar moet lyk. wo kry ook kans om van die semi-nomadic Himba mense foto's te neem. Hulle is hoofsaaklik van die Kaokoland en smeer rooi klei en dierevet oor hulle lyf om hulle van die son te beskerm. Hierdie tradisie word al vir geslagte geval. Hulle smeer dit ook op hulle hare en vir "mooi lyk" word "koei-sterte" aan die onderput vasgemaak.

Alles is so 'n amazing ondervinding en ons was baie opgewonde oor wat die res van die rit inhou, maar daarvan vertel ek volgende keer.


Lekker naweek almal van julle!


5 comments:

Charmaine said...

Kan sien die plek is RYK aan die mengelmoes van mens en dier en kultuur en natuurskoon. Ek verstaan al meer hoe die Namibiers so vashou aan hulle land.

Anonymous said...

Daardie woestyn klim DIEP onder 'n mens se vel in... Dankie vir die kosbare, ewigheidswerk wat julle doen.

Cecile said...

Sandra dit lyk heerlik, dit moet seker 'n belewenis wees.?

Sandra said...

Jong hulle is lief vir hulle land maat. Ek wens net dat hulle minder "verskoning" maak vir wat daar nie is nie en liewers dankbaar wees vir wat daar is.

Toortsie daardie woestyn is heeltemal anders as die een waar ons bly en ek kan so verstaan hoekom dit so 'n spesiale plek is

Sandra said...

Cecile welkom terug :-). Ja dit was 'n ongelooflike ervaring en klomp mense is gretig om volgende jaar 'n bietjie daar te gaan werk.