Friday, August 5

Sonskyn en skoenlappers

'n Heerlike sonskyn dag in die Kaap en met William wat nou ook saamkuier, ry ons bietjie rond en besoek Butterfly world. Alhoewel dit 'n slegte tyd van die jaar is vir die skoenlappers, gee ons dit nogsteeds 'n probeer en is glad nie spyt nie.


Page1


Oulike kennisgewings borde orals in die "tuin".


DSC_0046


Hulle is orals rondom, bo-oor en onder mens en jy weet nie wie of wat om af te neem nie.


Page2


William gryp vinnig die kamera om die skoenlappers af te neem en daar is soveel mooi foto's geneem.


Page3


Ons spandeer ook 'n tydjie by die papies en sien hoe heelparty skoenlappers hulle eerste verskyning maak. Amazing.


Page4


Die apies sorg vir groot pret - William word "gemerk" en Nelmari gebyt toe sy hom nie wil toelaat om in haar hare te kruip nie. Monica se hare word ook beetgekry.


Page5


Hierdie groottes steur hul maar min aan die mense en le lekker onder die warm ligte.


Page6


Die spinnekoppe en slange is nie my gunsteling nie, maar ons loer darem. Die groot ou padda slaap deur al die lawaai.


Page7


Die voels is 'n groot hit en ons geniet dit om deur hulle hok te stap en verkyk ons na alles wat hulle doen.


Page8


Hierdie ou geniet die aandag en die gekrap tot groot vermaak van die kinders.


DSC_0317


Dan so 'n draaitjie of twee deur die Paarl voor ons stop vir middagete.


Page9


Hulle bestel vir Nelmari 'n "gewilde" drinkding en dit is haar reaksie daarop. (Natuurlik gaan ek in die moeilikheid wees vir die opsit van die foto's)


Lekker in die Kaap en lekker om bietjie saam met William ook te kuier.


2 comments:

Anonymous said...

Ooooeeee...ek het nie geweet daar bestaan eens so plek nie! Kan net dink dat kleintjies (soos myne!) MAL sal kan gaan daar. Weet nie hoekom nie, maar lyk my alle seuntjies kry 'n tyd dat hulle intens belangstel in papies en goed. ;-)

Sandra said...

Jinne dis nie net die kleintjies nie Vlam :-), jy moes my groottes gesien het.