Wednesday, August 17

Lekker by die see

Die weer in SA het ons regtig vanjaar uit ons sokkies gebless. Wanneer ons by die huis gebly het, was dit lekker koud en nat met heerlike reen en wanneer daar 'n uitstappie beplan is, het ons koel maar sonskyn weer gehad. Ons kon regtig nie beter vra nie.


DSC_0021


Net so voor William se terugvlieg Bloemfontein toe het ons ook kans gehad om bietjie in die Kaap self rondteloop. Die dag is afgeskop met 'n ontbyt in Bloubergstrand saam met tannies en 'n niggie.


Page1


Dit was by die Moyo restaurant in Blouberg en natuurlik het almal se gesigte 'n prentjie opgeverf gekry. William het geen probleem gehad as die enigste haan onder die henne om ook geverf te word nie.


Page2


Soos gewoonlik wanneer die tannies teenwoordig is, is daar baie fun gehad so tussen die etery deur. (Tannies meer foto's op die familieblog).


Page3


Nelmari wou gaan putt-putt en ons is Seepunt toe waar ek self jaaaaarreeee terug gereeld gespeel het. Ek was so bly dat hulle liewers buite as in 'n mall wou wees. Aan die einde van die middag was William en Monica se name op die bord as die laagste tellings van die dag. Daar was nie 'n veteraan telling nie, anders kon ek dit maak :-).


Page4


Aangesien hulle nou te groot is vir die blou treintjie waarop hulle soveel pret gehad het as klein kindertjies, het hulle besluit om die maze aan te durf. Vir 'n slag was hulle sonder die mammaratzi maar in haar plek iemand nog baie erger .... will-i-am-ratzi!


DSC_0186


Op Nelmari se lys vir SA was ook 'n draairoomys met flake en gelukkig kon ons dit vandag ook af tik. 'n Heerlike dag saam met die kinders!


Liefde vir almal


6 comments:

Anonymous said...

Hi Sandra baie mooi fotos .....jou kinders so dierbaar en vriendelik..probeer comments deurkry na jou ...hier gaan ek nou vir 2de keer probeer..luv u xx

Sandra said...

En daar werk die comment!!! Dankie ons het lekker saam met julle gekuier! x

retha said...

Bly vir julle oor die weer.
Wou sien waar die maze/doolhof is, vind toe die plek naby Robertson. S-o-e-k-e-r-s-h-o-f
Nie geweet daar is so veel van die plekke in SA

Sandra said...

Retha ons was by die een in Seepunt, maar ek het ook nou gou Soekershof gegoogle en gaan beslis volgende keer daar probeer uitkom.

nikita said...

lyk my ons was [julle nog dalk daar] dieselfde tyd in SA. Die weer was net lekker toe ek daar was en sneeu toe ek weg is! Draairoomys en flake is nog altyd my gunsteling. Ek was deur Doha [Qatar] en dus so 'n proesel van 'julle wereld' gekry, dis darem woestyn daar hoor, foto's uit die vliegtuig geneem. My nig se dogter is nou in AbuDabi [spelling?], haar man is vlieenier daar in die 'Gulf'.

Sandra said...

Ja dis erg woestyn en dan is dit nog warm ook :-). Gee my inligting vir jou nig se dogter dat sy my bietjie kontak. Ons help graag as daar nog voete gevind moet word in Abu Dhabi.