Sunday, July 17

Waarnatoe met die hitte?


Ek lees van die heerlike koue en reen in SA, en dan weer kla iemand oor dit so warm is .... sal ons ooit tevrede wees met wat ons het? Hier tussen die duine het ons meeste van die tyd drie keuses, warm, baie warm en vrek warm en ja ons kla ook, maar dan word dit net warmer met die humiditeit wat partykeer tot 100% is. (Ek kan noem dat ons wel so af en toe 'n bietjie reen kry is sekere straatblokke - die land se reenval is 5mm per jaar dink ek).


So kla help nie veel nie, mens moet maar leer aanpas (na al die jare is dit nogsteeds 'n uitdaging). En dan in die middel van die hitte breek die skool vir 'n 3 maande vakansie want probeer nou 'n student leer in sulke hitte wat mens lam maak.


Page1


Elke jaar tydens die vakansie word daar 'n program vir die kinders wat nie "huistoe" gaan nie en hulle doen nogal moeite. Dis eintlik net vir die jonger kinders, maar die twee "ouer" meisies wou gaan kyk. Daar is die oulikste stalletjies oor verskillende beroepe waar kinders kan speletjies speel. Bv. op die foto is 'n kuns/argitek klas, daar is ook baba's en drs toerusting vir iemand in daardie rigting, brandweerwaens en alles wat daarmee gepaard gaan, poppe wie se hare mens kan doen en grimeer, plek waar hulle klere kan ontwerp en 'n loopplank om dit te wys ens. Die jonger kinders geniet dit verskriklik. Daar is ook 'n pretpark en ander aktiwiteite.


Page2


Van al die goed in die pretpark het die twee net vir twee rides gekwalifiseer en dit gaan probeer. Nelmari het amper nie in die karretjie gepas nie.


DSC_0096


Hier bespreek die twee die rit na die tyd en wat hulle volgende gaan probeer.


DSC_0078


Daar is ook verskillende tv-helde soos oa "Ella" (die hulle barbie), spons bob, x man, powerpuff girls en natuurlik die smurfs. Hierdie ouens verskyn so elke nou en dan om met die kinders te kuier en ons het dit gelukkig gemis maar die twee wou die smurfie village gaan besoek.


Page3


Daar is met pappa Smurf gekuier en in al die klein paddastoel huisies gaan inloer. Ons het ook bietjie sirkus gekyk en is toe huistoe, maar anders as kleintjies wat moeg in die motor aan die slaap raak, was hierdie twee nog baie reg vir ietsie gaan eet. Ek dink nie vanjaar se Summer in Abu Dhabi was so goed soos vorige jare nie, maar ek is seker die kleiner kinders sou met my verskil.


Nou tel ons regtig die slapies af voordat ons bietjie SA toe gaan vir koue!


4 comments:

retha said...

Julle moet gou kom, die laaste twee dae wat lekker braai-weer wintersdae. Dan weer, daar sal seker nog koue fronte wees.

Sonja said...

Dit lyk na pret!

Sandra said...

Ek hoop vir 'n koue front Retha al is dit net 'n daggie of twee :-)

Sandra said...

Dit is Sonja, veral vir die kinders :-)