Saturday, June 4

En dan is dit sulke tyd

Ek kan nie regtig se dat die "prom" soos dit hier genoem word, vinnig op my afgekom het nie. Nelmari is nogal nie iemand wat iets op die tippertjie doen nie, sy rek die proses uit ....... en begin al vroeg-vroeg mens heeltemal lam maak :-). Ons enigste probleem was die feit dat dit op 'n Vrydag gehou sou word, en hier is dit mos eintlik Sondag so haarsalonne en goed is toe.


Page3


Twee dae voor die tyd spoor ons 'n plek op wat die naels en hare sommer by een plek kan doen en dis nie te ver van ons af nie. So gister na kerk is ons salon toe in die hittige weer om net so onder vier uur daar te spandeer --- en toe is dit slegs 30 min om grimering te doen en aan te trek. Daar is blitsig gewerk. Gelukkig het Elriza ook so bietjie kom hand bysit met die afronding


Page4


Die prom is in die Shangri-la hotel gehou. Die foto'tjes het ons sommer voor die tyd geneem, maar gelukkig was daar ook 'n professionele fotograaf wat heelaand foto's geneem het.


Page5


Met hierdie groot geleentheid agter die rug, le daar nou 'n besige week voor met graduations ens. Ek dink eers dan kan sy/ons se, sy is regtig klaar met skool.


Geniet julle naweek


Liefde

9 comments:

Sonja said...

Sy lyk so pragtig! Baie mooi rok!

Thea said...

Wow Nelmari!! Jy het pragtig gelyk!!

Sandra said...

Dankie Sonja en Thea!

Pa-wat-die-op-en-aflaaiwerk-moes-doen said...

Ai maar my dogtertjie het darem te pragtig gelyk hoor, ek het haar wel met 'n vuil kar moes loop aflaai, maar het gesorg dat dit gewas is voordat ek haar weer gaan oplaai het.

Charmaine said...

Jy is pragtig en het die rok tot sy reg laat kom. Jy het soos 'n feekoningin gelyk..En hoekom wil ek nou tjank ;-)??

retha said...

Pragtig, pragtig Nelmari. Jy het jou goed, van jou lank vooraf bereidings, gekwyt. (jig, Sandra ek dink dit is die woord?)

Sandra said...

Ek weet nie maat hoekom wil jy huil? :-)

Baie dankie Retha!

Ronelle said...

Beautiful gelyk.. rok en hare stunning!! Jy lyk soos 'n regte 'prom' prinses Nelmarie!!

William said...

Wow sis, very pretty