Wednesday, June 15

En dan is dit klaar ....

Die rondhardloop agter skoolgoed en regkry vir prom en graduation is uiteindelik verby!



DSC_0176


So tussen die aantrekery en betyds weer vir die graduation het ek darem kansie gekry om 'n foto of twee te neem.


DSC_0013


Die funksie het by die Emirates Palace hotel, een van handjievol 7 ster hotelle in die wereld plaasgevind. Hoekom die skool soveel daarop moes spandeer weet ek nie, ... of miskien is dit omdat daar ook van die arabiese "royals" die funksie bywoon.


DSC_0015

Die klas van 2011 kom opgestap - natuurlik seuns en dogters apart so vir oulaas :-).




Na al die toesprake wat hierdie keer nogals kort was, sing die graduations hulle spesiale lied. of dit nou so beplan is of nie, in die dure plek kon ons hulle skaars hoor. As julle mooi loer, sal julle net onder die verhoog sulke goue stoele sien. Dit is waar die royals sit met ons pleps agter.


DSC_0023

Een vir een word die ou kindertjies uitgeroep om hulle diploma van die sheikh te ontvang en saam met dit word genoem waar hulle volgende jaar gaan swot. Van al die kinders is daar slegs twee wat nie gaan nie en sal die klas volgende jaar in bekende en onbekende universiteite reg oor die wereld versprei wees.

DSC_0028

En dan die amptelike aankondiging en die "kepse" word in die lug gegou ..... klaar met skool klas van 2011.

DSC_0036a

Na die tyd is daar weer bietjie foto's geneem en hier is ouboet en kleinsus 'n bietjie verspot. Ons het jou gemis William.

DSC_0185

Een van die klasmaats wat 'n koninklike van die land is, is weens kameras nie daar nie, maar sy stuur vir elkeen van die 90 klasmaats 'n goue ring met elkeen se naam op.


Nog 'n tik op die lysie af ... sy het nouwel haar Graad 12 goed deurgekom, maar nog wag ons vir die internasionale IB eksamen uitslae wat Augustus kom en dan begin die groot voorbereiding vir die universiteit.


Baie geluk sussie, ons is trots op jou en jou uitslae! (Kan ons nou asseblief 'n bietjie minder rondry)

6 comments:

Desia said...

Baie Geluk Nelmarie (en ouers). Sy is so mooi!

William said...

finally done, but mom who are you going to drive around when she is gone as well? You will miss the driving.

Sandra said...

Dankie Desia.

Ek is seker daar sal nog goed wees om voor rond te ry seun :-). Gelukkig nie meer skooltoe nie.

Charmaine said...

Geluk meisiekind. My allerbeste wense vir jou toekoms en al die wonderlike nuwe dinge wat vir jou wag.

Anonymous said...

Ag, en soos ek lees dink ek aan kommentaar wat ek wil gee, soos hoe besonders dit eendag sal wees as sy kan sĂȘ dat 'n sheik of wie ook al haar oorhandiging gedoen het, toe kom ek by die ring. Is dit nie ONGELOOFLIK besonders nie? Sjoe!

Sandra said...

Dankie maat!

Toortsie ten minste kan sy die ring gebruik. Een van die seuns het destyds 'n goue perd "beeld" gekry, wat mens nou waar gaan gebruik :-)