Friday, April 29

Dit raak warm vir almal

Ek lees van die sneeu op die berge in die Kaap en die lekker koue weer in Gauteng, en hier by ons is die lente in volle swang. Terwyl ek skryf, is dit 7:30 nm en die temperatuur nog steeds 30 grade, dus 'n bietjie warm.


Page1_0


Vroeer die maand was ons vir die maandelikse kerkdiens op die eiland en die water was maar lekker woes (natuurlik woes volgens hierdie ouens se standaard) . Ons het almal lekker nat by die diens aangekom, maar dit was groot pret. Na 'n baie besonderse paasboodskap deur Elriza, het ons soos gewoonlik gaan diere kyk. Dit voel altyd vir my soos 'n bietjie wildtuin.


Page3


Met die lente wat spoed optel, was die diere teen middag maar lekker lam en elke beskikbare skaduwee is gebruik om onder skuiling te soek. Groot hoogtepunt vir ons was die cheethas wat ons hierdie keer gesien het


.DSC_0067_thumb[5]


Hier kan julle sien dat daar darem plek plek lekker bome is. Ek moet noem dat in die hitte, maak bome nie regtig skaduwee soos ons by die huis gewoond is nie, dit bly nog vrek warm.


Page4


Behalwe vir die warm weer, was dit ook die baba-seisoen vir die bokkies en orals het mens mammas en hulle kleintjies of swanger mammas sien staan en/of le.


Page2


Ons het darem ook kans gehad om by die see, waar 'n lekker windjie gewaai het en ander plekke bietjie skadu en aircon te soek. Ek vermoed ons volgende eiland besoek later die maand vir die diens, gaan dalkies minder diere en koelte oplewer.


Page1


En net so 'n week terug met 'n vinnig deurloop by die dieretuin (die kerk word half "onwettig" op hulle perseel gehou*) kon ons sien dat die diere hier ook begin deurloop. Meeste van hulle het gele en slaap en hierdie tier het besluit dat die water vir hom die beste oplossing is.


Die diere kry swaar en ons begin dit ook voel!



* kerke het 'n sekere plek gekry waar hulle kan bou, en enige ander byeenkomste by ander plekke/terreine, waar daar meer as 5 mense bymekaarkom is eintlik onwettig. Die kerk is juis op soek na 'n nuwe "onwettige" plek om dienste daar te hou :-). Die huidige restaurant is besig om te klein te raak!

8 comments:

retha said...

Hier hoor ek nou eers van die sneeu!

Hoop jul vind gou 'n nuwe plek wat reg is.

Sandra said...

Dit nie koud by julle nie Retha?

Dankie ek hoop ook hulle kry gou 'n plek want dit bring ander nuwe opwindende moontlikhede :-)

Anonymous said...

Die bokkies het my amper aan ons springbokkies laat dink. Die foto's van die tier is PRAGTIG!
Ja, ek hoop regtig julle kry gou 'n ander plek. Hoekom is dit slegs een maal per maand? Is dit omdat dit ver is? Ek wonder sommer net.

Sandra said...

Die bokkies (hulle word dhabi's genoem) lyk baie soos die springbokkies ja!

Toortsie, ons het weekliks 'n diens hier, maar een keer 'n maand is daar 'n uitreikdiens na die eiland toe. Dis lekker ver. So 2+ uur se ry met die motor en dan met die boot verder.

Thea said...

Sjoe 30 grade in die lente en dit boonop al in die aand is darem maar baie warm!!

Die diere is almal pragtig en die ou tier lyk vir my so lekker lui.

Sandra said...

Ek dink die diere gaan bietjie suffer in die somer Thea.

Charmaine said...

Ja en ons gaan ook saam met die diere suffer in die somer. Ons sal 'n swembadjie moet kry om in te le soos die tiere:-)

Sandra said...

Ons moet maar die "doopbad" gebruik hierdie somer maat :-)