Thursday, April 21

Die soveelste laaste keer

Vir die laaste keer .... is 'n woord wat deesdae sommer baie in die huis gese word. Met die "baba" in die huis wat nou klaarmaak met skool, is alles by die skool .... vir die laaste keer. So het ek dan ook die sporttoekennings vir die laaste keer gaan bywoon.


Page2


Baie trots op Nelmari wat nie net die sportverteenwoordiger op die Student Council was nie, maar ook vanjaar die MVP (most valuable player) vir volleyball en die grootte Sportvrou van die jaar gekry het. 'n Goeie hoogtepunt om jou sport by die skool af te sluit, nadat sy vanaf Graad 6 elke jaar die sportvrou van die jaar vir haar graad was.


Page3


Die spanne vir wie sy vanjaar gespeel het, het ook toekennings gekry.


DSC_0015


En dan vir oulaas kry sy kans om 'n toespraak te maak en ook namens die skool vir die Sportsdirekteur te groet wat nou na 15 jaar na 'n ander skool toe gaan. Met James het hy gese hy gaan weg eers as James klaar is met skool, met William was dit ook sy verskoning .... en nou dat Nelmari klaar maak het hy besluit dis tyd :-) - geen Holloways meer oor om af te rig nie.

So nie net 'n laaste keer vir Nelmari nie, maar ook vir ons wat die wedstryde moes gaan bywoon het. Gaan ons dit mis? Verseker ja, dit sal maar moeilik wees as daar in wedstryd in SA is en mens kan dit nie bywoon nie.

Lekker dag


7 comments:

William said...

All good things must come to an end!! But it also means a start to bigger and better things!! Good job baby sis!!!

Thea said...

Lekker om jou skoolloopbaan op so 'n hoƫ noot af te sluit en ek glo julle gaan dit baie mis Sandra!! Weereens baie geluk Nelmari en ook vir julle as haar ouers met haar besonderese prestasie!

Sandra said...

Jy raak slim ne seun :-)

Dankie Thea. Ja ek is seker dat ons dit 'n "bietjie" sal mis :-). Jy die Kaap geniet?

Thea said...

Jy weet mos Sandra!! 'n Kaapse vakansie bly maar tops!! Ek is met 'n baie swaar hart uit die Kaap weg. Ek gaan een of ander tyd daaroor blog.

Anonymous said...

Baie geluk met Nelmari se prestasie, seker julle is baie trots.

Wanneer kry ons "Koos" se storie?

Sandra said...

Ek sien uit na daai foto's Thea :-)


Die "Koos" storie is in die proses, ek neem klomp foto's om die storie te "wys", net so klein bietjie geduldig wees :-)

Charmaine said...

So baie trots op jou meisiekind!! Jy het jou knap gedra.