Saturday, March 5

Werkuitstappie

Daar is soveel mooi klein dorpies in die wereld wat ek nie eens van weet nie, en die een voordeel van rondreis en duisende foto’s neem, is dat mens die naam en wat besonders aan die plek is begin onthou. Natuurlik met die ouderdom vat dit langer, maar mens is nooit te oud om nuwe name te leer nie.

molen van de Zuidpolder

Eddie is die afgelope week vinnig vir ‘n heen en weertjie Nederland toe vir werk, en het in die dorpie Edam gebly. As ek Edam hoor, dink ek kaas …. natuurlik sal ek nie heeltemal verkeerd wees nie, maar ek het nie regtig geweet daar is ‘n dorpie met die naam ook nie. So kom loer sommer saam met my na ‘n paar foto’s.

CSC_0144

Die dorpie het sy ontstaan so rondom die 12de eeu toe boere en vissersmanne langs die Ye rivier kom bly het en so die naam “Yedam”.

DSC_0028

Skeepsbou het ‘n groot rol in die dorp se ontwikkeling gespeel en vroeer jare het hulle ‘n groot hawe gehad waar bote gebou is.

DSC_0016

Lyk my vandag bou hulle sommer die bote in die agterplaas.

DSC_0005

Daar is heelwat historiese geboue as mens langs die kanale, waarvan daar baie is, stap.

DSC_0010

Lyk vir my asof parkering ook soos in baie stede oor die wereld ‘n probleem is alhoewel

DSC_0020

fietsry ‘n meer gewilde opsie is. Met ‘n dorpie waar hulle se ongeveer 7300 mense bly, is/kan parkering darem seker nie te groot ‘n probleem wees nie.

DSC_0018DSC_0093

Met die dorpie wat rondom ‘n dam naby die Zuiderzee gebou is, beteken dit ook dat daar orals kanale is waar bote deur en op vaar.

CSC_0178DSC_0140

Mens kon amper dink jy’s in SA met van die bote se name.

DSC_0012

Die kanale maak nogal op ‘n foto lyk asof dit ‘n baie rustige dorpie is. Die bome is maar lekker kaal en ek hoor dit was lekker bibber koud daar

DSC_0132

Ek neem aan dis ook nie nou tulpe tyd nie, maar die straatmarkte het beslis ‘n goeie voorraad plantjies en saadjies te koop.

DSC_0007

En natuurlik is ‘n besoek aan die kaasmuseum en winkels ook ‘n moed. Daar is kaas huistoe gebring maar ek’s nie seker wie se geskenk dit is nie.

CSC_0126

Alhoewel Nederland bekend is as een van die lande, indien nie die land waar sedeloosheid heeltemal oorgeneem het, was dit darem bemoedigend om die foto te sien.

DSC_0029

‘n Pragtige dorpie en soos hulle “advertensie” se, kom kyk maar self. Weet nou nie of Nederland op my lysie van moet sien is nie, maar mens weet nooit want net in die week het ek ‘n geleentheid gekry om Singapore te besoek Nie dat dit op my lysie is nie, maar dis 'n aanbod wat mens stupid sal wees om te weier. Wonder of ek toestemming sal kry?

Geniet julle naweek en mag ons spanne in die krieket en rugby sommer baie goed doen!

9 comments:

Charmaine said...

Dit lyk na 'n pragtige plek en ja, dis bemoedigend dat die mense begin standpunt inneem teen sedeloosheid. Singapore...wat 'n rein gedagte :-)

Desia said...

Dit lyk so mooi, rustig en ordelik, maar seker soos alles in die wereld, "looks can be deceiving" as mens die sedeloosheid in gedagte hou.
Ons het heelwat Hollandse immigrante hier, wat net voor/tydens/net na WW2 hierheen gekom het, en die verskil tussen hulle uitkyk en die hedendaagse Hollander is nogal groot.
(Dit lyk nog steeds na 'n lekker plek om te besoek!)

Sandra said...

Is dit nie maat :-)

Ons sal bietjie moet kom loer hoe lyk dit in jou land Desia

Anonymous said...

Nou toe nou, 'n foto van agent Koos vir 'n slag. Seker hy het onmiddelik gehardloop om die vliegkaartjies te gaan koop ;-)

Sandra said...

Nie seker of ons van dieselfde Koos praat nie "anonymous" maar welkom hier.

Anonymous said...

Die einste hy :-0. 'n Paar van sy vrinne moet darem inloer om te sien wat hy andersins ook aanvang.

Pa-wat-rondloop-en-dalk-KooS-kan-wees said...

Ag nee, moenie dat ek uitvind jy praat uit nie "Anonymous", dan sal ek jou vir brekfis moet kom eet!
PM my dat ek weet wie het twee en twee bymekaar gesit.

Thea said...

Die foto's is pragtig! Ons was ook in Edam in 2006. Van daar is ons na Volendam en toe met 'n boot oor die Zuidersee na Marken. Behalwe vir die weer, is ek mal oor Nederland, veral die argitektuur!

Sandra said...

Dan sal ek meer "stories" oor hom moet vertel anonymous - lyk my die ou is nuuskierig :-)

Thea jy het darem ook al lekker rondgereis, net die UAE wat ook nog op daai lysie moet kom