Thursday, November 4

Saam met “predikante” in Dubai – deel 2

'n Blits toer deur Dubai in die dag en 'n vol program in die aande hou Willem lekker besig.

Page1

Een van die dinge wat 'n moet is in Abu Dhabi is die groot Zayed moskee. Die versoeking was groot om weer duisende foto's te neem, maar ek het mooi my hande agter my rug gehou.

Page2

As julle meer van die moskee wil weet en foto's wil sien van hoe dit binne lyk - loer op die tag oor die moskee onder.

Page1

Die groot ding op die agenda was eintlik om met die Burj Khalifa, die hoogste gebou ter wereld op te gaan. Nie te mal oor hoogtes nie, het ek darem my brawe kamera saam met Elriza opgestuur. Hierdie gebou hou sommer baie rekords.

Page2

Dis nie net die hoogste gebou ter wereld nie (828 meter en 160 verdiepings), dis ook die hoogste vrystaande gebou ter wereld, die meeste verdiepings, die hoogste vloer wat mense bly, die hoogste uitkykvloer, die hysbak wat die langste afstand gaan ter wereld en ook die langste/hoogste dienshysbak. Lyk dit of die gebou in 'n woestyn is as jy so afkyk?

Page3

Om tot bo te kom gaan mens eers op 'n roltrap vir 65 meter waar jy na Dubai se geskiedenis kan kyk. Dan begin die "stadige" reis na bo teen 10 meter 'n sekonde. Bo het jy 'n 360grade uitsig oor Dubai en bo is 124 verdiepings hoog.

Page4

Daar bo is ook teleskope waar mens kan in zoom op plekke onder.

Page5

'n Bustoer deur die nuwe en ou Dubai was volgende en ons het laat eers weer die pad aangepak terug Abu Dhabi toe.

Geniet die laaste deel van julle week, vandag is Vrydag vir ons.


8 comments:

retha said...

O my genugtig!
Ek moes seker maak ek leun nie te ver terug nie anders het ek van die stoel afgeval. Terwyl daar mense is wat aan die reelings 'hang'

Sandra said...

Retha ek weet nie of ek ooit van bo af sal staan en kyk nie, dis misien net 'n bietjie te hoog vir my. My kamera het egter die trippie geniet :-)

Thea said...

Hehehe ek voel naar deur net na foto's te kyk van daai hoogte!

Sandra said...

Thea maar jy's dan die brawe een
;-)

Thea said...

Die brawe een wat ongelukkig aan bewegingsiekte ly en daai hoog is bietjie baie hoog. Verstaan jy nou hoekom ek naar voel deur net daarna te kyk? :-)

Sonja said...

Dit moet seker n belewenis wees op bo in daardie hoe gebou te staan! Ek is self nie mal oor hoogtes nie,ek kan nie dink hoe dit sal voel nie!Dit was baie interessant!

Charmaine said...

Ai maar ek wil ook graag gaan...tot bo.. ek hou van ver en wyd kan sien. :-)

Sandra said...

Ek's saam met jou Thea, ek ook :-)

Ek sal maar die belewenis probeer ervaar met foto's Sonja :-) want dis ook te hoog vir my.

Jy kan volgende keer gaan maat en weer die ou kamera saamneem