Tuesday, October 5

Lekker uitdaging

Kyk daar is baie dinge wat ek mis by die huis en elke jaar as ons begin beplan aan die jeugkamp, dan verlaaaaaang ek na die keuses van kampterreine by die huis. Die bome, koeltes, geriewe, ens. ens. Vanjaar wou ons afskop vir iets anders en soos dit altyd is, stuur Pa vir ons op die regte tyd in die regte rigting. Met al die kampgoetertjies so rondom my, maak ek epos oop en daar is 'n brief of te vertel van 'n nuwe terrein wat hierdie maand oopmaak.

DSC_0171

Natuurlik moes ons gaan kyk. Wat ons heel eerste amper kan laat vergeet van die hitte is die "oases" met die bome en die kamele wat so rustig staan en eet en kuier. Klim mens uit, dan voel jy natuurlik die hitte, maar een van die kamele is hans en nuuskierig en kom loer gou wat ons maak.

DSC_0173

Met die gras wat so droog lyk, kan mens sommer die hitte op die foto voel. Orals is sulke lampe wat hang en ons begin opgewonde raak oor die prentjie in die aand.

DSC_0182

Hier is nog oorspronklike bouwerk (deel van 'n hekwag) tussen die duine.

DSC_0179

En heeltyd word mens dopgehou ...

DSC_0183

Hierdie geboue is 'n tyd terug gebou vir een of ander rede, gebruik en die laaste twee jaar staan dit ongebruik - totdat iemand die blink idee gekry het om die terrein te ontwikkel vir oa kampe.

DSC_0186

Daar is ook plaasdiere soos eende, bokke en donkies wat meer as gelukkig is om hope aandag en koppie krappe te kry. Ek kan net dink hoe die kleiner kinders en grotes dit gaan geniet om met die diere te kuier

. DSC_0188

Orals tussen die oase is die watervoortjies en hierdie hond wys dat in die hitte is dit eintlik die plek om te loop.

DSC_0187

Wanneer ons stilstaan en gesels, wag hy ook maar liewers in die water dat sy pote nie brand nie.

DSC_0190

Ons het sommer half besluit dat die stukkie gras die plek is waar ons sal tente opslaan. DSC_0201

Die kinders soek 'n bietjie tentkamp en hulle het gese dit maak nie saak van geriewe nie, maar 'n spoeltoilet of ses en warm water gaan darem help om die sand uit die ore en voete te kry.

DSC_0204

Die binnekant van die gebou wat nog steeds ook buitekant is. :-)

DSC_0207

Hier kan julle sien wat ek bedoel, mens gaan binne deur die deur om buite te wees

DSC_0209

Die klein eetkamer waar ek seker is daar lekker gekuier gaan word. Hier is 'n groot toegeruste kombuis met yslike stowe wat die laaste paar jaar nog in plastiek staan. Kan julle gou dat hulle so geld kan mors.

DSC_0210

En hope perde .... deel van die kamp gaan ook 'n sonsopkoms en ondergang perderit wees. Daar is ook nog behalwe baie duine en sand 'n heerlike beskutte kampvuurarea waar daar lekker gekuier en gesing gaan word.

DSC_0212

Nou nie die geriewe wat ons by die huis het nie, maar beslis 'n kamp vir 'n nuwe avontuur. Sal julle na die kamp in November bietjie wys hoe lyk die terrein met jongmense op!

Mooi bly

11 comments:

Thea said...

Dit lyk na 'n pragtige plek Sandra! Kan nie glo dat hulle dit sommer net so laat staan het nie! Ek kan sommer hoor julle is lekker opgewonde oor hierdie nuwe kampterrein. Is dit in Abu Dhabi omgewing?

Sandra said...

Thea jy moet die buitelug theater sien met die groot verhoog wat kan op en af wat nou net sand opgaar. En ja ons is baie opgewonde oor die nuwe geleenthede wat die terrein kan bied. Dis 'n entjie in die Dubai woestyn in.

Desia said...

Lyk na 'n lekker kampplek! Het dit 'n swembad ook, en word dit ooit groener daar, bv in julle "winter"?

Sandra said...

Desia ons glo dat hulle binnekort 'n swembad daar sal bou. Word dit groener in die winter hier? Nee dit wat groen is, is altyd groen want hulle besproeiing is goed en hulle spuit die stof/sand van die bome af in die straat. Die reenval hier is so laag dat dit enige seisoen nie verskil maak aan die plantegroei nie.

retha said...

O, dit is pragtig daar. Ou mure, nuwe geboue meubels, hang lampe en gesonde mooi diere. Aand perd rit klink na n baie lekker aktiwiteit daar in jul omgewing.
Ek is vir die spoel toilet en warm water!

Charmaine said...

Ek is ook opgewonde oor die terrein maar o, ek bid vir koeler weer ...gou, anders gaan ons dit nie maak nie.

Sandra said...

Jy het dit opgemerk Retha, ja, die diere is in 'n baie goeie kondisie en dis lekker om by 'n plek te wees waar die diere die "hoofrol" speel.

Maat maar ons gaan mos meeste van die tyd in die restaurant wees, besig om tee te maak!

DJ said...

Looking at the photo's I can see big adventure all over it. Just check Riza's bags after the camp, she might take some of the animals home. I see she already made friends. (Suppose they don't need bananas Riza?)

Jan and Miekie said...

Dit lyk na 'n baie lekker kampterrein! Hoe is die kombuis? Sien uit daarna om te hoor hoe die kamp was.

Cecile said...

MMM....Lyk na 'n lekker kampterrein. Kan nie wag vir die uitslag van die kamp nie. Dink dit sal heerlik wees.

Sandra said...

Miekie die kombuis is ten volle toegerus met sulke groot silwer stowe wat nog in plastiek is. Dit het restaurant potensiaal!

As die weer nou net 'n bietjie koeler wil word Cecile gaan die kamp 'n groot fees wees.