Wanneer mens ‘n land gaan besoek vir die eerste keer word hoofsaaklik plekke deur reisagentskappe besoek want dis wat mens hoor is nice om te sien. Met vandag se geleentheid om te google kan jy natuurlik enige dorpie inset en siedaar het jy inligting. Maar dan beteken ‘n dorpie se naam ook niks want jy weet nie waar en naby wat ens. ens. dit is nie. Ons was egter baie geseend om by net pragtige plekke uit te kom, elkeen op sy eie unieke manier
So tussen die lyne het ek gehoor dat ‘n “medievil town” nogal ‘n plek is wat besoek moet word en met die google kom ek af op die dorpie Rothenburg. Met ‘n bietjie navorsing sien ek dis binne ry afstand van ons basis, en wat ‘n wonderlike geleentheid was dit nie. Die dorpie is op ‘n koppie gelee met die Tauber rivier wat onder verby vloei en omring met ‘n stadsmuur.Jare terug was hierdie bruggie die toegang tot die dorp. In 1985 is die dorpie met die snelweg verbind en van toe af stroom die mense soontoe. Dis een van die mees bekendste dorpe in Duitsland (en ek het nie eers daarvan geweet nie) en ook een van die wat die meeste besoek word. Kyk bietjie saam hoekom dit so gewild is.
Die stad was ‘n paar keer om verskillende redes platgeslaan en hierdie toring “Weisser Turm” is een van die oudste oorblyfsels in die stad met die houtgebou aan die linkerkant wat blykbaar die “Jewish Dancing House” was. Hierdie is later as ‘n hostel vir die armes gebruik. ‘n Groot Joodse gemeenskap het in hierdie dorpie gebly totdat hulle verban is tydens die oorlog.Die dorp was vanf 1651 deur die hoofingang beskerm en die klein huisies voor die Burgtor is die huisies van die wagte en “doeane”.
‘n Baie gewilde manier om deur die dorp te ry en natuurlik het ons eers so ‘n toer gedoen voordat ons begin voetslaan het. Hierdie duitsers wat die kar ry vat nogal nie nonsens nie. Gelukkig kon Charmaine amper al die stories vertaal, die baklei met die motoriste het ons sommer self kon uitwerk.
Dis eers wanneer mens in die perdekar ry en die perde bult op sukkel dat mens agterkom dis dorpie is nie plat nie.Die strate is nou en die verkeersknope word deur die voetgangers en besoekers veroorsaak want daar is min voertuie wat rondry. Kyk net hoe word die winkels se name nog met hangbordjies geadverteer.
Hierdie huisie is ‘n restaurant.Die “market square” is die plek waar al die feeste gehou was en nog steeds gehou word.
Die stadsaal se trappies is ‘n baie gewilde “sitplek” vir die besoekers ook tydens die feeste. Die gebou is begin bou in 1250 nadat die vorige stadsaal afgebrand het
Sedert 1446 is water van ‘n fontein via kanele na die stad aangele en in 1608 is die fontein in sy huidige vorm ontwerp.
Hierdie gebou is ‘n latynse skool van 1589 wat vandag deur die kerk as ‘n gemeenskapsentrum gebruik word.
Een van die vele strate waar ons deur is. En mense daar is interessante winkels. Die kinders wou nog die speelgoedwinkel besoek, maar na ons besoek aan nog ‘n Kersfeeswinkel was hulle te “moeg” vir winkels. Dis nogal iets wat mens ampertjies nie kan glo nie.
Die Kerswinkel …… iets soos ek in my lewe nog nie gesien het nie, en sekerlik ook nie weer nie. Drie vlakke wat net aanhou en aanhou met die mooiste kersversierings wat jy aan kan dink. Ek wens ek kon bietjie foto’s binne neem. Hier staan die kinders by die geskenke trok voor die winkel. Net om ‘n idee te kry loer bietjie hier op die webblad hoe dit binne lyk.
Darem vinnig by die teddiebeer winkel ingeloer ook.En mens kan ook nie vergeet dat die Swartwoud natuurlik bekend is vir sy koek-koek horlosies en by een so ‘n winkel het ons ingegaan en ons verkyk aan al die horlosies en watter mannetjie wat doen wanneer die horlosie slaan.
Die ou stadsmuur wat reg rondom die dorp gebou was vir beskerming en ons gaan bietjie loer hoe lyk dit vanaf die muur.
Daar is nie regtig baie spasie om te loop nie en mens kan half dink hoe die soldate daar gestaan het om die plek te beskerm.
Hulle het deur hierdie loergaatjies gestaan en kyk of iemand hulle dorpie bedreig.
Kyk net hoe is van die huisie binne in die muur gebou. Met die herstel van die muur na die wereldoorlog het hulle naamplaatjies opgesit van mense wat donasies gegee het en vandag weer is hulle besig met 'n projek om te soek vir skenkers sodat die muur reggemaak kan word.
Aan die bokant van die dorp net buite die muur kry mens die Burggarten 'n ongelooflike mooi groen park. Mens kan ver afkyk na die Tauber rivier en van die klein huisies en meule. Ek lees van hulle word selfs nog vandag gebruik.
In die park is die Blasiumskapelle wat omtrent al gebou is wat na die aardbewing in 1356 bly staan het. Vandag is dit 'n gedenkplek vir almal wat dood is tydens die wereldoorloe met 'n gedenksteen voor die gebou wat die Joodse gemeenskap ook onthou.
Hier is baie kerke in die dorpie, maar 'n besoek aan die Jakobskirche is 'n moet. Hierdie kerkie is gebou op die plek waar die oorspronklike parish kerk was en bouwerk is rondom 1311 begin. Daar is pragtige glasvenster waarvan hierdie een "Luther window".Hierdie word die Holy Blood altar genoem met ongelooflike houtwerk en 'n goue kruis.
Dis baie moeilik om die kerk regtig met foto's te wys. Hier kan julle sien hoe klein die dogters lyk teen die ongelooflike groot vensters en beelde.
Behalwe al die ongelooflike skilderye, beeldhou- en argitektuur is die kerk ook deesdae bekend vir sy orrel. Die nuwe orrel is i 1968 in gebruik geneem en het oor die 5000 pype. Ek dink hulle het gese 5155 of so. (Maat help?) Kan julle dink watter klank daaruit moet kom.
Die meisies lees mooi die handleiding om alles in te neem.
Nog 'n kerkie wat ons net van buite beloer is die Worlfgang of Shepherds kerk wat net buite die stadsmure gebou is.
Dit het nogal 'n rustiger gevoel met die groen en water.
Een van die dorpie se spesialiteite is schneeballers wat sulke groot "koekballe" is in verskillende gure. Natuurlik moet elkeen een kry, maar foto's is nie geneem nie.
Dan is dit ete en na 'n lang dag van baie loop die pad terug. Lekker as mens agter in die motor kan sit en bietjie rus :-)
Nouwel 'n dag laat, maar geniet die Lente daar in SA. Ons het nog 'n paar dae van somerseisoen oor!
Liefde
8 comments:
Wow... absoluut pragtig!!
Ja maat, 5505 pype en ek kannie wag om te hoor hoe die plaat klink wat ons gekoop het nie:-) Een van my gunsteling besoeke gewees die een.
Dit is Paula :-)
Ek was so 'n paar honderd pype uit sien ek - dis darem verskriklik baie pype om klanke uit te bring. Dankie vir die regte getal :-). Ek's nogal teleurgesteld ons het nie foto's van ons wat "snowballs" eet nie :-)
Dit is so bekoorlik mooi!!
Ag, dit lyk na 'n juweel van 'n plek! En dan kan ek my net die klanke voorstel van die perdehoewe op die "cobblestones" en die klokke wat die tyd op die uur slaan. Regtig prentjiemooi!!
Dit was Sonja!
'n Baie besonderse dorpie Thea, ons het dit vreeslik geniet.
Dit is pragtig, alles. Die perde kar, naam bordjies, orrel ...
Die storie van die muur is vir my interessant. Wonder of die mense wat toe geleef het gevoel het soos ek. Die dinge van nou is ek nie mee tevrede nie maar die dinge van toe het n bekooring
Dis nogal 'n anderste gevoel om so langs en op die muur te loop Retha.
Post a Comment