Sunday, April 4

Hoe sag gly ons bootjie

Julle ken mos daai moet vaak gevoel wanneer mens se oe net wil toeval. En as jy niks geslaap het en nog in ‘n bootjie sit en skommel dan is dit regtig erg ….

Page2

So het Nelmari se verjaarsdag nog aangegaan en die aand voor die tyd het ‘n paar maats kom oorslaap en kuier. Eintlik moet ek nie se oorslaap nie, want daar is bykans niks geslaap nie.

Page4

Op die verjaarsdag het ons meisies by ‘n “Afrika-restaurant” gaan eet by een van die mooi hotelle en dit was heerlik.

DSC_0044

Tussen die hotel kompleks deur is daar waterkanele en ons dreig nou al lankal om dit uit te probeer en vandag met die verjaarsdag was ‘n goeie geleentheid.

Page1_0

Die kompleks bestaan uit die hotel self, hotelapartments wat mens vir ‘n week tot ‘n maand kan huur. Daar is ook ‘n souk (arabiese winkels) en baie restaurante.

DSC_0051

Maar as mens min geslaap het, raak mens lekker moeg op die rit …. Dis moeilik om so oud (17) te wees.


DSC_0081

Een van die swembaddens langs die kaneel met ‘n nuwe 5-ster hotel van JW Mariott wat voor die moskee gebou word op die agtergrond.

DSC_0075

Met die laaste van die heerlike koel lentedae was dit regtig ‘n lekker rustige dag wat ons almal geniet het. Met die groen plante, blomme en water sal mens nooit se dis in die woestyn nie.

6 comments:

Mariette. said...

Dit is een van ons gunstling plekkies om na toe te gaan, en dan is ons mal daaroor om 'n 'BR' te kry en daar by die abra stasie voor die water te sit en net te ontspan en ons roomys te geniet.

En dan natuurlik is dit 'n mooi plekkie om gaste te gaan wys en hulle die Abra te laat ry (vaar).

Geniet die laaste lente dae, want mens kan voel die hitte is naby.

lekker week

Thea said...

O dit lyk absoluut heerlik daar en wat 'n lieflike uitsig deur daai venster!! Ek is sommer groen!! Ek sien Elriza het ook weer bietjie kom kuier??

jackieo said...

Groot was my teleurstelling om nog niks van James en Leane se troue Woensdag 31 Maart te sien nie - maar ek is seker ons almal wag in spannning. Baie geluk julle tweetjies - mag julle 'n ryklik geseende huwelik he en wees altyd lief vir mekaar . Ma en skoonma Sue

Sonja said...

Ai! Dit lyk darem maar lekker! Dit is seker ook aan die ander kant moeilik as mens nie kan wakker bly nie!!

Sandra said...

As dit nie vir die wind was nie Mariette het die son ons noual gekou.

Dit is 'n pragtige uitsig Thea! Ja jy sien reg Elriza is weer hier maar nie om te kuier nie maar om te werk :-)onder die jongmense hier in Abu Dhabi

Sandra said...

Hi Sue het jy enige foto's van die troue geneem? Stuur bietjie dan sit ek dit op - almal nuuskierig om foto's te sien. Sal 'n storietjie opsit sodra hulle die naweek terug is :-).

Dit het ons almal maar lomerig gemaak Sonja.