Saturday, April 17

Die wittebrood …..

Die kinders is nou amper ‘n week terug van die wittebrood en hieronder is ‘n stukkie met foto’s wat Leane met ons deel oor Mauritius…

Die ‘honeymoon’ het begin met 2 dae by die pragtige Kennedy’s Beach Villa in Onrusrivier voordat ons die Vrydag vertrek het na Mauritius.

DSC00391

Ongelukkig het ons vlug eers laat in Mauritius geland en was dit al donker. Na wat na ‘n baie lang tyd gevoel het om deur paspoort beheer te kom, is ons opgetel deur Thompsons se bussie. Dit was ook die eerste keer wat ons ervaring het van hoe die mense op die eiland bestuur. Dankbaar dat ons veilig by die hotel aangekom het, is ons na ons kamer geneem wat een van net twee honeymoon suites is by die hotel.

DSC00395

Die volgende oggend is ons baie verras deur die see uitsig vanaf ons kamer en bederf met ‘n massering by die hotel se spa om van die ‘jetlag’ ontslae te raak.

DSC00411

DSC00421

Na ‘n paar dae van lekker lui wees by die hotel het ons besluit om ‘n toer van die suidelike dele van die eiland aan te durf.

DSC00442

DSC00455

Inkopies in Floreal en Curepipe was eerste op die lys waar ons gaan kyk het hoe glas geblaas word en model skepies gemaak word. Curepipe is ook die dorp net onder aan ‘n onaktiewe vulkaan.

DSC00479

Daarna het ons die Hindu’s se heilige meer gaan besoek wat se naam direk vertaal kan word na “soos die Ganges”. Hier word daar ook ‘n jaarlikse ritueel gehou soos by die Ganges waar mense van Suid Afrika ook gaan om water te skep uit die meer.

DSC00464

Aangesien dit ‘n heilige meer is mag daar nie vis gevang word nie en dus daar ‘n oorpopulasie van visse is.

DSC00488

DSC00498

Die suide is bekend vir sy mooi natuur en was bevestig deur die pragtige uitkykpunt by Grand Bassin waar ons ook lekker ‘souvenirs’ kon kry. Na ‘n lang dag op die pad kon ons stop vir middagete by ‘n oulike restaurant in Le Morne met die mooiste uitsig van die suidkus.

DSC00503 DSC00516

Nog natuurskoon het gevolg met watervalle by Chamarel asook die bekende “seven coloured sands” wat die gevolg is van die verwering van die vulkaniese gesteentes.

DSC00524

Hier was ons ook verras deur die groot land skilpaai wat baie hou van al die aandag wat hulle kry van die besoekers.

DSC00408

Na ‘n paar dae van ‘eiland lewe’ en als doen wat toeriste doen, is daar verder niks spesiaal aan die eiland nie. Veral nie aangesien die eiland baie gemik is op Europese toeriste en dus die pryse ook in euro is nie. Mauritius is wel idillies mooi en die moeite werd om ten minste een keer te beleef.

8 comments:

Sonja said...

Dit lyk na n idiliese wittebrood!
Vir ons wat van Suid-Afrika af kom lyk dit fantasties,maar ek dink as jy gewoond is aan waar julle bly dan moet dit seker nie so snaaks wees nie!

Desia said...

Sjoe dis mooi daar! Baie Geluk aan die nuwe paartjie, mag God jul lewe saam ryklik seen.

Sandra said...

DIe kinders se dit was pragtig Sonja, net baie duur.

Dankie Desia. Hoe gaan dit met jou?

Thea said...

Ek dink mens moet eenkeer in jou lewe op 'n eiland gaan vakansie hou! En as dit nou nog jou wittebrood kan wees ook... Dis regtig pragtig daar!

Sandra said...

Thea, Abu Dhabi is ook mos 'n eiland :-)

Thea said...

Ook weer waar nè? LOL!

Charmaine said...

Hi ouens, ek het nou heerlik saam gekuier op die mooie eiland en my wens vir julle is dat die res van julle lewe saam so idilies mooi sal wees soos die natuurskoon en oorvloedig geseend sal wees....soos daardie meer vol vissies...

william said...

I must say that place looks amazing! But i know what made it even more special was you two being together:-) i hope you have a wonderfull life together.