Wednesday, January 6

Hope waterpret

Dit voel soos 'n ewigheid wat ek julle laas van die nuwe Atlantis hotel in Dubai vertel het.


10000 (8)

Later was daar 'n blog oor die waterpark wat die kinders in die aand besoek het, en hierdie keer terwyl twee van hulle met die dolfyne gaan swem het, het die res die park met William se waterkamera aangedurf.

DSCF0086

Van die "rivier" word die kinders met 'n "water-roltrap" opgetrek op 'n roete rondom die park. Hier kom Nelmari en James.

DSCF0093

Hierdie een trek hulle weer af en ek weet nie of sy rus of sommer net so onderstebo wil wees nie.

DSCF0099

Iewers word daar ook deur 'n nagemaakte kliptonnel gevaar. Soos met die kayak kyk Nelmari heeltemal in 'n ander rigting as James en Wiehann - gelukkig is daar 'n stroom wat haar in die regte rigting neem.

DSCF0107

Roei roei roei seun.

DSCF0108

Wie neem die foto as jy so sit en slaap seun?

DSCF0113

Nog 'n glybaan en hier gaan ons ..... Hierdie een gaan af in die haai tenk en ek weet nie of James se gesigsuitdrukking braaf of bang is nie.

DSCF0118

Nelmari besig om deur die tonnel in die haaitenk te gaan.

DSCF0127

En hier is sy alweer besig met nog 'n rit. Een van die ritte wat mens reg boontoe skiet (sien foto reg op einde)

DSCF0147

Thumbs up boetie, die kamera kan mooi onder die water neem.

DSCF0157

Die meisies is klaar met die dolfyne geswem en kom sluit aan by die waterpark. Lyk my die dolfyne het vir Leane moeg gemaak.

DSCF0161

Elriza en Wiehann vat 'n ruskansie tussen die ritte.

DSCF0163

Partykeer moet mens met die bande loop na die volgende rit.

DSCF0165

Die klomp geniet dit duidelik baie. As julle op die laaste foto kyk, dit is die rit in die tube heel regs.

DSCF0172

Van die ritte van bo af gesien en daar onder is ek en Charmaine besig met ons eie wateraktiwiteit ...

11 comments:

Sonja said...

Dit is sowaar n droom vir elke kind daardie!!

Jan and Miekie said...

Dit lyk nou LEKKER! Ek verstom my weereeens aan al die goed daar! Het jy en Charmaine darem ook gegly? (Lyk my die waterkamera werk baie goed!)

Sandra said...

Dit is so Sonja, maak nie saak hoe oud daardie kind is nie :-). Behalwe Nelmari wat net 16 is is die res almal 23 en op en hulle was soos klein kindertjies.

Ons is ou tannies Miekie dink jy die kinders sou saam met ons wou gly? :-). Sal julle wys wat ons gedoen het ;-)

Thea said...

Jy't my nou heeltemal groen van jaloesie Sandra! :-(

Kan hulle nie maar 'n waterpark spesiaal vir ons ou tannies oopmaak nie - ek's dan so MAL oor hierdie tipe van watersport! LOL!! Om die waarheid te sê ek het by Ushaka op daai bande gery en ek het nie 'n saak gehad wat die ander mense gedink het nie. Maar my kinders was darem nie saam nie en dit verander seker die prentjie of hoe? :-)

Ons wag in spanning om te sien wat se lekker dinge daar dan wel vir die "ou tannies" was om te doen! :-)

retha said...

n Pragtige foto van die hotel!

Sien ook uit te sien wat 'ou tannies' doen.

Sandra said...

Thea hier is drie sulke parke, jy sal maar net moet kom uitprobeer. Wat sal jy raai het die "ou tannies" gedoen? :-)

Sal julle wys Retha alhoewel dit nie so opwindend soos die kinders se dag was nie :-)

Thea said...

Jy sê julle was besig met 'n wateraktiwiteit??? Nee, jy het my! Jy sal maar moet wys. Ek het eers gedink julle het iewers geshop of koffie gedrink maar wateraktiwiteit...

Dat ek net eers sien wat hierdie jaar verder gaan gebeur Sandra (as jy my nuwe inskrywing lees sal jy sien wat ek bedoel). Iewers as die liefie dalk weer vir 'n lang ruk weggaan, kan ek dalk net 'n kuiertjie inpas.

Thea said...

Nie "dat" nie... "Laat" ek net eers sien :-)

James said...

Dit was 'n heerlike dag in die water en omdat dit nie somer was nie het ons ook nie dood gebrand in die son nie.

En ja ek was bietjie nervous oor die groot slide, maar meer oor die hoogte as oor die haaie!

Anonymous said...

Dit lyk FANTASTIES en is net die ding wat ons vandag hier by ons nodig het! Ek's nou baie lus om more met die kiddies Durbs toe te ry vir waterpret... ;-)

Voorspoedige 2010 vir jou en jou fandamily, Sandra.

Sandra said...

Ai Thea hoe ken jy ons? Net shop en tee? :-) - natuurlik dit ook!

:-) jy was sommer waaghalsig seun.

Ek's seker die kinders kan jou oorreed Vlam, geniet dit!