Friday, November 27

Dis heerlike winter

Die weer begin nou mooi saamspeel en terwyl ek skryf op hierdie Vrydag Sondagoggend is dit 'n koue 22 grade wintersoggend. En winter beteken mens kan half bietjie buite begin leef. So het ons dan ook verlede week die SA kerkjeug vir 'n uitstappie na die waterpark geneem en dit was vet pret.

Page2

Op die bus was dit omtrent 'nvrolikheid en Charmaine en Corinne was meer as gewillig om vir my 'n "pose" te gee. Terwyl ons vir die kinders van die ander emirate by die hek gewag het, het ons Abu Dhabi se kinders solank ingestuur om plek te kry. Ek was nie verras om 'n paar minute later net 'n hoop handdoeke en sakke te sien sonder kinders nie. Hulle was daarop uit om my en veral die kamera vir die dag te vermy. Gelukkig het ek hulle gevang waar almal op die lazy river hop vir 'n rit deur die park.

Page4

Dankie tog vir die "Sandlanders" van Al Ain wat nie meer so klein is nie en heeltemal gewillig vir foto's was. Celandre en Celine word groter elke keer as ek hulle sien en hulle het omtrent die waterritte geniet.

Page1

Natuurlik moes Corinne ook deurloop onder die kamera en veral hierdie rit waar sy en Hermien met 'n stinkspoed afgekom het was 'n uitstekende geleentheid. Kyk bietjie hier na nog foto's van die kinders en park.

Page5

Nelmari wat glad nie afgeneem wou word nie, het lekker saam met die ander snr tieners gekuier en die mamaratzi soveel moontlik probeer vermy - nie dat dit enigsins moontlik is nie :-)! En soos gewoonlik het die park se katjies vinnig gesien waar hulle bietjie aandag en liefde kan kry.

Die dorp het groot planne vir die week .... hou hierdie spasie dop!

Lekker naweek!!

Tuesday, November 24

Een van my gunsteling fotoneem plekke

As daar nou een plek is wat ek al soveel kere oor geblog het, is dit die Groot Moskee hier in Abu Dhabi. Die van julle wat dit al gesien het, sal weet dis net iets wat mens nooit genoeg kan wys of oor vertel nie. Dis ongelooflik mooi en baie oorweldigend. Ek het net mooi honderde foto's van die plek en elke keer as ek besoekers soontoe neem, neem ek net nog en nog ... die plek vra daarvoor. En dis altyd lekker om iemand vir die eerste keer te gaan wys. So skuus as julle die prentjies reeds gesien het, maar hierdie is spesiaal vir Rienie en Ina wat ek vandag bietjie rondgewys het. (Vir meer foto's kan julle op die label onder kliek).

1

Natuurlik is daar duidelike voorskrifte oor wat en hoe jy geklee mag wees. By die ingang kry al die vroue sulke batman-pakkies om aan te trek en word daar oor en weer foto's geneem. Gelukkig is dit herfs en die temperatuur lae 30tigs want swart trek mos die hitte aan.

2

Die moskee was die droomkind van die vorige present en Sheikh. Hy wou he die moskee moes ook oa 'n skakel tussen al die nasionaliteite wees en iets unieks aan Abu Dhabi. Daarom staan dit presies in die middel van die twee brue waar mens die eiland binnekom. Dit is dan ook die eerste "gebou" wat mens sien as jy die dorp inkom.

3

Daar word vertel dat hy baie gereeld die bou projek besoek het, om te kom kyk of dit is wat hy gevra het. Een van die redes hoekom dit so lank gevat het om te bou, is blykbaar weens die sheikh wat partykeer nie tevrede was nie en dan moes hulle alles oordoen.

4

Verskeie lande se materiale is gebruik om die indrukwekkende moskee te bou oa Turkey, Italie, Duitsland, Morokko, China, Griekeland, Iran en natuurlik die UAE. Vier van hierdie "minarets" staan op elke hoek van die moskee en is 107 meter hoog.

5

Rienie kyk na van die marmer patrone op een van die mure in die portaal.

6

Een van sewe indrukwekkende kandelare wat in die moskee hang. Hierdie is die kleinste van die klomp en vir my die mooiste. Die kandelare kom almal uit Duitsland uit.

7

Die hoogingang wat yslik groot is!

8

Die vroue se gebedsaal. As julle mooi kyk sal julle sien die patroon op die dag, is presies dieselfde as die patroon op die mat - wat terloops een soliede mat is.

9

Een van die vensters wat op die groot moskee plein uitkyk.

Page2

Die houtdeur met blomme uit mother of pearl.


11

Die binnekant van een van die kleiner koepels met 'n kandelaar. Daar is 80 koepels by die moskee wat alles aan die buitekant van marmer gemaak is.

Page3

In die binnekant van die hoofsaal van die moskee is daar 96 pilare en aan die buitekant 1096!! Hierdie pilare dien ook as aircons - julle kan dit tussen elke vier pilare sien. Elke pilaar is ook met versierings van mother of pearl gemaak.

Page4

En dan die grootste kandelaar ter wereld. Hierdie indrukwekkende kandelaar wat lyk asof daar jellie tots aan hom hang weeg tussen 8 - 9 ton en is 15 meter in hoogte en 10 meter in breedte. Swarovski kristal en goud is gebruik vir die kandelare wat in Duitsland gemaak is.

15

Die voorkant van die saal waar die imran die "preke" lewer. Teen die muur is hulle profeet se 99 verskillende name in goud geskryf.


16

'n Mens voel baie klein in die groot saal. Die mat wat die grootste mat ter wereld is, was handgeweef in Iran. Omdat dit so swaar is (ek dink hulle het gepraat van 40 ton), is dit in dele opgesny en UAE toe gevlieg (in 'n paar vliegtuie). Die vroue wat aan die mat gewerk het, het saamgekom om die mat weer aan mekaar te werk sodat niemand kan sien dit was opgesny nie.

17

Ina hang aan die toergids se lippe om te hoor wat hy vertel en om hom natuurlik met 'n klomp vrae te peper.

18

Na die deurstap is dit skoene soek tyd. Die moskee kan as hy vol is 40 000 mense vat. As julle die lyne op die marmer kan sien ... dit vorm die lyne waar die bidders skouer-aan-skouer staan. Die gids het vandag vertel die rede hoekom vrouens nie saam met die mans bid nie, is as 'n mooi vrou met haar skouer teen joune staan, kan dit jou aandag aflei van die erns van die gebed :-) en daarom bid hulle apart.

Page5

Ek moes hulle natuurlik ook gou die badkamers gaan wys wat die mooiste mosaik prente en marmer bankies en wasbakke het.

20

Die sheikh se graf waarvan mens nie mag foto's neem nie staan aan die noordekant van die moskee en daar is 24/7 'n gebed wat daar speel. Die tuine word ook nou uitgele en as een van julle kom kuier en ek moet julle die plek gaan wys kan ek sommer die nuwe tuine sien. Reg op die voorgrond is een van die "lakes" wat hulle bou. Altesaam sal die water features reg rondom die moskee 7874 vierkante meter wees en se hulle dis ook om die moskee te reflekteer in die water.

24

Na die moskee besoek is ons ernstig dors en gaan gou tee drink in die toring by Marina Mall. Hier gaan ons met die hysbak boontoe.

. 21

Ons uitsig terwyl ons teedrink. Dis 'n pragtige dag!


22

Abu Dhabi skyline met die grootste vlagpaal ter wereld op die voorgrond.

23

Van die nuwe villas wat by die mall teenaan die see gebou is. Kyk net hulle ou klein bootjies :-)

Was lekker om saam met julle te kuier. Geniet die res van julle daggies en die kleinkinders.


Friday, November 20

Welkom kleinman

'n Nuwe klein seuntjie is Woensdag die 18de gebore!

Julle ken almal vir klein Emily wat gereeld ook hier op die blog kuier en sy's baie opgemaak met haar nuwe boetie Dante.

Die mannetjie het 3.06 kg geweeg en beloer al klaar die wereld rondom hom. Hy laat sy mamma rondstaan met 'n eetlus soos min.
Baie geluk mamma Marina, pappa Salvador en sussie Emily met hierdie kleinman. Ons wens vir hom net alles wat mooi is. Mag hulle en julle vir mekaar net vreugde op vreugde bring!

En onthou die "Abu Dhabi-ouma's" kan nie wag om hom op te pas nie.

Liefde