Thursday, January 19

Deur die Karoo



Verlede week het ek die geleentheid gehad om saam met 'n vriendin die pad tussen Hermanus en Johannesburg aan te pak.  Kyk, ek is baie lief vir die Kaap, maar die Karoo het sy eie bekoring.  Was baie lanklaas dat ek daar gery het, en ek het uitgesien om na die wyd uitgestrekte groot niks met bossies en koppies te kyk.  'n Stukkie aarde wat volkome van reen afhanklik is.
  
En dan vanaf Beaufort val die reen ...


God herinner my dat Hy die persoon is wat reen maak.  Alles in Sy tyd en perfekte tydsberekening.  Die pad is sommer korter en ons kan nie genoeg van die groen kry nie.  Ek kan nie regtig verduidelik nie, maar se die heeltyd vir Charmaine, dit lyk asof alles lewe.  Ek lees later by iemand wat oor die Kalahari na die reen  skryf dat die Kalahari nou wakker is,  en dis presies wat die Karoo vir my na lyk.  Dit lyk asof die koppies, die vlaktes,, die bossies, alles wakker is.  

Ek weet nie van julle nie, maar somtyds voel dit vir my asof daai patroon ook in my lewe herhaal. Erg droe tye waar mens die wolke sien maar daar is geen reen nie, en mens angstig raak oor die wag en nie weet wat om te doen nie.  


Die een ding wat ek wel weet, en wat ek ook nou in die Karoo gesien en ervaar het, is dat, God my nooit alleen los nie.  Hy is altyd daar en in Sy tyd sal die reen val soos wat ek dit nodig het.  Ek moet net geduldig wag en opkyk na Hom toe, Hy is getrou. 

En die reen wat ons soooo nodig het vir al die brande orals in die Kaap .... God is in beheer en Hy sal dit gee wat ons en die land/grond nodig het, in Sy perfekte tydsberekening ons moet net op Hom vertrou.  En terwyl ons wag, laat ons Hom gehoorsaam in alles wat ons doen, die reen is Syne om te gee.

Thursday, January 12

Nog steeds Kersfees

Dis 10 Januarie en ons Kersboom staan nog.  Die laaste paar jaar is dit tradisie dat Nelmari die boom opslaan "lei".  Die wat haar ken, weet sy kan nogal vol nonsens wees as alles nie daar is vir die opslaan nie, so  dis noodsaaklik dat sy ook leiding neem met die afslaan, sodat  alles op sy plek is vir volgende Kersfees. En met haar wat nou begin werk het, was sy lanklaas by ons.  'n Goeie verskoning vir die boom wat nog staan dink ek.  En die regte "beplanning" vir volgende jaar se opslaan.


Dis ook die tyd wat alles wat beweeg by die boom afgeneem word.  Ek sou so graag al die familie en kinders wou saamhe, maar met heelwat gebrom kon ek darem die wat by die boom opslaan is afneem. Weet nie van julle nie, maar die Kersseisoen gaan gewoonlik met heelwat beplanning gepaard.  Waar en wie gaan saamwees op Kersdag, wat gaan ons eet, en natuurlik die geskenkies wat gekoop word. Weereens vanjaar was ek kwaad vir myself omdat ek alles tot op die laaste minuut los. 

Ek dink dat vir baie van ons beteken Kersfees familie, geskenke en kos, baie daarvan.  Is dit nie maar dieselfde  soos wat ons "ander" blameer dat hul op die kommersiele uitbuit nie?  Ons kan dink ... nie ek nie, ek weet dat Kersfees oor Jesus gaan.  

Maar my vraag.  As daar nie 'n boom met versierings was nie, niks geskenkies nie, geen familie nie, sou dit nog steeds soos Kersfees gevoel het?

As Jesus se geboorte al was om te vier, sou dit nog soos Kersfees gevoel het?  Ek wil ampertjies dink nee, wat  beteken dat ek ander dinge en mense voor Christus plaas.  

Die boom kan maar nog daar staan of nie, die rede vir ons viering is Jesus se geboorte, ons Grootste geskenk. Nie net vir Kersdag nie, maar vir elke dag.
 

Friday, January 6

Saam met die haaie

So n paar dae terug het ek saam met die kinders gaan haaiduik. Ok ekself het nie regtig ingegaan nie, nie dat ek dink ek sou in pas nie,  maar ek wou gaan foto's neem. 


Met die boot wat heeltemal oorhel na die haaie se kant toe, en ek wat vastrap op die bo-dek sodat ek nie n sesgang maal word nie, sien ons baie opgewonde die eerste haai. Sy is nie gelukkig met ons nie  -  ja ons het voor die tyd geleer wat is n seuntjie en wat is n dogtertjie haai - maar dit maak vir heelwat foto geleenthede. 


By die huis toe ek rustig deur die foto's gaan, sien ek sy het n baie lelike wond en ek wonder of dit pyn soos ons wonde kan pyn. Sy moes defnitief terug baklei het toe iemand of iets haar probeer seermaak het of sy sou nie vir my fotosessie kon opdaag nie. 

Meeste van ons, ek beslis is nogals soos daai haai en altyd instinktief op die verdediging om terug te baklei.  Ek bou baie maklik n muur om te keer dat ek seerkry en maak nogals seker ek het die regte ammunisie om myself te beskerm. Bottom line ek is n vegter ook vir dit waarin ek glo. Ek lees in Exodus 14:14  (skuus my Bybel is Engels ) "The Lord will fight for you,  you need only be still. " Ek dink wat God vir my probeer se is,  Hy wil nie he ek moet altyd n vegter wees nie, Hy het iets anders in gedagte. Ek moet n oop, kwesbare, nederige en ontvanklike hart he. n Hart waar al my verdedigingsmure af is sodat Hy beter met my kan werk. 

Dis dan wat ek kan se, ek het nie myself of wapens nodig om my te verdedig nie, ek het n God. Een wat ek weet het my beste belange op die hart en wat beter na my kan kyk en omsien as wat ek ooit self kan doen. 

Hy kyk selfs na die haaie 

Sandra

Tuesday, January 3

'n Nuwe Jaar



Dis daai tyd van die jaar wat almal 'n Nuwe Jaars voorneming maak.  Het jy al?  Daai soort wat 3 dae hou en waar ons se ons gaan minder eet, meer oefen, meer met die honde stap, meer georganiseerd wees, ens.  

Vir baie bring 'n nuwe jaar, nuwe hoop en nuwe drome en ons wens dat ons die ou en slegte dinge van die vorige jaar vinnig kan vergeet.  Ek lees vanoggend in Jesaja 43:18-19 "Forget the former things, do not dwell on the past.  See, I am doing a new thing! ..."

Almal is altyd so gretig om van voor af te begin, terwyl ons weet 'n nuwe kalender, jaar of horlosie nie 'n lewensverandering kan begin nie.  Ek gaan deur 2016 se dagboek om te kyk wat moet oorgedra word vir 2017 of wat ek moet onthou of maar kan weggooi en daar is soveel goed wat ek nodig het vir 2017.  Ek kan nie net van die ou dinge vergeet nie.

Wat ek kan doen, is om 'n nuwe uitkyk op geleenthede te he en om met doelgerigtheid en passie te werk aan die nuwe uitdagings van die Nuwe Jaar... omdat ek dit kan doen in Christus.   Ek kan nie my omstandighede wegwens of verander nie, maar ek kan met n ander perspektief daarna kyk.  

So vir 2017 wil ek die jaar aanpak met God se perspektief.  Om nader aan Hom te kom en Hom deel te maak van alles wat ek doen en aanpak, om te luister as Hy praat en Hom te sien en hoor in alles rondom my!

Ek hoop ook om meer hieroor te blog.

'n Geseende 2017 vir julle!

Sandra

Monday, August 25

William se "time capsule"

Vyftien jaar later ....   
DSC_0038

As 11 jarige het William en sy klas vir hulle 'n timecapsule gemaak en goed daara ingebere wat vir elkeen van hulle op daardie stadium belangrik was.  Groot opgewondenheid toe dit tussen sy speelgoed ontdek is.  
DSC_0041

Die blik het nie eers genoeg spasie vir sy naam gehad nie, en hy het toe sommer om die hoek geskryf ;-).  
Page1_0

Selfs die oopmaak het 'n glimlag ontlok toe hy sien dat selfs die bladsye wat hy gebruik het uit 'n tydskrif om dit toe te draai, eintlik deel van sy huidige beroep beskryf.   

Page2_0

Tipies William is elke dingetjie versigtig een-vir-een uitgehaal en bekyk.  'n Klomp lee gunsteling stokkielekker papiere!  Rede onthou hy dat dit nie ingepas het met die stokkielekkers nie, toe eet hy solank dit en hou die papiere met die "tatoo's".  Ook een van sy micro-masjien karretjies was in die blik.  
Page3_0

Duidelik het hy nie baie plek gehad vir goed nie, en is papiere en foto's meestal die inhoud.  'n Kaartjies was sy ouma vir hom gegee het voordat ons buiteland toe verhuis het.  'n Foto van die eerste "Fis" wat hy gevang het (ek dink nie hy het ooit daarna weer visgevang nie), 'n foto van hom en sy best maatjie wat eet en klomp ontwerpe.  
Page4_0
Hy is vandag nog net so lief om projekte met tekeninge te beplan voor die tyd.  'n Briefie om te vertel wie hy is en waarvan hy hou, nog ontwerpe en 'n paar geldmunte.  

Die blik mag dalkies nie heeltemal sin maak nie, maar in alles kan ek nog steeds vir William van vandag sien :-).