Friday, February 28

Klein Lara in Februarie


Ons klein poplap is nou 10 maande oud en sy word ouliker by die dag.  Hier is sommer 'n paar foto'tjies van die maand Februarie.
Page1

Sy gaan sommer 'n groot plaatjie wees kan mens nou al agterkom.

Page2 

Ons moet nou bietjie rus saam met tannie Elriza, maar daar word eers baie gelag

DSC_0128
Dis lekker om buite te wees

DSC_0007

Speeltyd saam met oom Will

DSC_0041

En nog 'n kuiertyd saam met tannie Elriza. 

Friday, February 21

Maatjies


Hierdie lelike gesig het 'n verskriklike persoonllikheid en maak seker dat almal van haar hou.
DSC_0009
Mens kan sommer aan die gesiggie sien, al is dit hoe gekreukel, hoe sy voel en hier waar sy op die bank sit soos iemand op 'n perd is dit 'n "hartseer-gesiggie" want ounooi maak reg om uit te gaan.
DSC_0010

Waffels kry ook nie kans om nie van 'n hond te hou nie, want Elsie wil graag vriende wees.  Mens kan sien hoe gelukkig sy met haar win-vir-waffels-oor-gesiggie is.

Friday, January 31

Tyd om weer verskeie lande te besoek


Dis altyd so lekker om Global Village te besoek en mens moet mooi beplan tussen die warm en baie warm dae.  Hierdie keer is dit heerlike "koeler" weer.
Page1

Indie is eerste aan die beurt.
Page2
Dit begin donker word as ons van die ander lande begin aandurf.

Page3

Watter land dink julle ons kuier nou in met al die pastas?  Op hierdie stadium het Charmaine 'n waentjie op wiele gekoop om al haar pakkies in te sit.
Page4

En daar is net meer en meer goed wat mens eintlik sal wil koop.  
Page5
So tussen-in kry William kans om turkse koffie te drink, ietsie vir ons te kry om te eet en ons kan kyk na danse van verskillende lande.

Page6
Pad huistoe en die inkopie-waentjie het kleintjies gekry :-).

Weereens 'n lekker rondloop, kuier en shop ervaring.   Indien jy bietjie meer wil lees van die plek en wat mens daar kan doen, loer gerus op my tag Global Village hieronder, ek het vorige kere meer verduidelik.




Wednesday, January 22

Lara is nou 9 maande


En ons klein poplap is 9 maande oud!
Page1
Tandekry is nie vir sussies nie en niks, en ek bedoel niks is veilig om nie gebruik te word as 'n tandering nie.
Page2
Een ding wat ek glo is dat kinders met troeteldiere moet groot word, want so leer mens baie "skills" en Lara is gewoond aan haar kat en honde sussies.  Dit maak dit ook makliker om by ander mense te kom en te sien hoe haar interaksie teenoor die diere is.  Ek dink die diere kan ook aanvoel dat die mense weet om hulle nie seer te maak of af te knou nie.  

Page3

Januarie was ook 'n tydjie wat sy bietjie met tannie Nelmari kon opvang en tannie Nelmari met haar.

DSC_0288

Groot grappie tussen die drie :-)

Wat 'n seening om die kinders in hierdie maand almal by die huis te gehad het en watter groot blessing om klein Lara se "grootword" te sien en daarin te deel.


Saturday, January 18

Blomme en nogmaals blomme


Die Desember weer in die woestyn is vanjaar so lekker en met Nelmari hier en 'n besoek aan Dubai waar Elriza 'n groep toespreek, is dit 'n goeie geleentheid vir 'n besoek aan die Miracle Garden.
Page1
Mens wil jou verkyk aan al die blomme en kleur.  Hulle se dat daar meer as 45 miljoen blomme is wat blom in alle vorms, strukture en kleure en dit is ongelooflik mooi.

Page3

Verskillende huisies en strukture is gebou wat versier is met blomme.  
Page5

Selfs die "ou" motors is nie die blomme gespaar nie :-).

Page6
Een van die mooiste blom strukture vir my is die poue wat so kleurvol met blomme uitgebeeld word, soos wat hulle in die regte lewe is.
Page7
Die tuin is uniek in die wereld en daar word hard beplan aan die tweede fase wat nog meer blomme gaan he.
Page8

Mens kry net nie genoeg van die kleure en lekker gevoel van tuine stap nie.  Hier in die woestyn is dit nie iets wat ons baie kan doen nie.

Page9


Natuurlik gebeur niks hier sonder om 'n wereldrekord op te stel nie, die mense hou van die beste, grootste, duurste ens.  Die blomme muur wat reg rondom die tuin gaan, is amptelik die langste blommemuur in die wereld.  Ek is seker dis 'n plek wat ons weer sal besoek, veral as die volgende fase oop is.